Vier steeds soek ná plaasaanval op pa en seun

Argieffoto: Lorraine Claasen

Vier aanvallers is steeds op vrye voet nadat hulle verlede week ’n beesboer van die Glückstad-distrik in KwaZulu-Natal en sy 85-jarige pa oorval en aangerand het.

Dit volg nadat die 56-jarige boer, sy pa en sy werknemers verlede week Dinsdag omstreeks 14:30 op die plaas doenig was toe vier gewapende mans skielik verskyn het en vuurwapens op hulle gerig het.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê die boer, sy pa en werkers is by die plaashuis ingedwing waar hulle almal vasgebind is. Die pa en seun is aangerand en die pa is met ’n voorwerp oor sy kop geslaan. Sy seun het egter ernstiger beserings opgedoen en is tydens die aanval met ’n mes gesteek.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die vier aanvallers het met ’n wit Toyota Hilux-bakkie met ’n Mpumalanga-nommerplaat op die vlug geslaan. ’n Vuurwapen, ammunisie en kontant is tydens die aanval uit die kluis gesteel.

Pa en seun is ná die aanval na ’n hospitaal in die omgewing gehaas vir mediese behandeling, maar is intussen weer ontslaan.

Gwala sê ’n saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Boet ·

n Saak van huisroof word ondersoek. Die ouer man is met n voorwerp oor die kop geslaan en die ander persoon met n mes gesteek. Huisroof? Is poging tot moord!!!!!!

Cherokee ·

Ag Boet, lees dan maar ‘huisroof en wat daarmee saamgegaan het’.

Geregtigheid ·

SAPD word wakker dis poging tot moord en roof met beswarende omstandighede. Weet SAPD nie meer wat aangaan nie????

Willem ·

Hulle sal as hulle gevang word seker onskuldig pleit en gevind word, aangesien hulle aan n “mediese kondisie” ly!!!

Skandelik ·

Janee die AANVALLERS word nooit gevang nie, maar die boer en sy seun wat hulleself verdedig het is onmiddellik gearresteeer . DUBBELE STANDAARDE En VROT WETSTOEPASSING en beheer in hierdie land …

GM ·

Weereens is werkers net vasgebind, terwyl die pa en sy seun aangerand is… Dink die werkers dat dit beter met hulle sal gaan as al die witboere doodgemaak word en hulle hul werk verloor?

Tiger ·

Bly die pa en seun is sover weer ok.Ek hoop dit maak hulle EN ander op plase se oe oop en dat hulle voorbereid(paraat) sal raak en vuurwapens aan hulle persoon sal dra in die toekoms.Dis ongelooflik hoeveel plaasmense loop vandag nog ongewapen.Lees hulle nie of kyk hulle nie wat aangaan om hulle nie?Dis verstommend.

Liezel ·

En so word boere steeds ontwapen en van hul plase afgejaag, elke dag!

Debbie ·

Dit voel net of ons ouer geslag geteiken word en dat haatspraak net vir sekere mense nadelig is. ‘n omgwkeurde rasse haat. Aanvalle op ons senior plassvoorsieners wat nie meer die gewel op hul liggima kan hanteer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.