Vier mense is dood en 11 beseer toe twee voertuie Dinsdagaand reg van voor op die R72 naby Oos-Londen in die Oos-Kaap gebots het.
Charles Bramwell, woordvoerder van die Oos-Kaapse verkeersdienste, het gesê die botsing was tussen ʼn ligte afleweringsvoertuig en ʼn dubbelkajuitbakkie. Die bakkie was in die rigting van Port Elizabeth op pad en die afleweringsvoertuig in die teenoorgestelde rigting toe die botsing plaasgevind het.
Volgens Bramwell het die bestuurder van die bakkie na bewering twee ander voertuie verbygesteek toe hy reg van voor met die afleweringsvoertuig gebots het. Bramwell het gesê die bakkie het ongeveer 15 m by ʼn wal langs die pad afgerol.
Vier mans, insluitend die bestuurders van albei voertuie, het in die botsing gesterf. Ses mense het kritieke beserings opgedoen terwyl vyf ander geringe beserings opgedoen het.
Bramwell het gesê die pad was byna vier uur lank gesluit terwyl die toneel opgeruim is. Meganiese toerusting moes gebruik word om die liggame van die twee bestuurders uit die wrakke van die voertuie te sny.
In totaal 15 mense verspreid tussen dubbel kajuit bakkie en aflewerings voertuig? Daar is defnitief nie genoeg sitplekke vir almal nie.