Vier sterf by inisiasieskole

Argieffoto (Foto: Dingeman, Wikimedia Commons)

Die polisie in Mpumalanga het gesê hy is baie besorg oor vier sterftes wat onlangs by inisiasieskole in die provinsie plaasgevind het.

Die vier jong mans, tussen 14 en 21 jaar oud, is onderskeidelik dood by die inisiasieskole in KwaMhlanga, Kwaggafontein, Vosman en Belfast.

“Hulle het komplikasies gehad wat tot hul dood gelei het,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn Ondersoek is van stapel gestuur.”

ʼn Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat een van die slagoffers 14 jaar oud was. Kragtens die Mpumalanga Wet op Inisiasieskole mag geen persoon jonger as 16 die inisiasie bywoon nie.

“Die omstandighede rondom sy toelating by die instansie word ook ondersoek, omdat ʼn minderjarige nie sonder sy ouers of wettige voogde se toestemming ʼn inisiasieskool bywoon nie,” het Hlathi bygevoeg. Dié toestemming moet vergesel word van ʼn mediese sertifikaat, wat deur ʼn dokter uitgereik is, wat verklaar dat die betrokke seun bevoeg is om aan die betrokke tradisionele praktyk deel te neem.

“Die polisie maan ouers om met hul kinders te gesels om nie uit hul eie na inisiasieskole te gaan nie,” het hy gesê. “Die polisie versoek ook eienaars van die inisiasieskole om nie kinders te aanvaar wat uit hul eie opdaag nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

Net ‘n korrektheid, die toelatings ouderdom was nog altyd 16 jaar en hoër, die ouers moes van die voorval geweet het aangesien dit ook die tradisie is dat wanneer hulle klaar is met die veldskool, daar ‘n helde ontvangs vir die sulkes is, en dit was nog nooit ‘n vereiste vir ‘n mediese sertifikaat in die goeie ou dae nie. Ek dink die probleem lê eerder by die mense wie die besnydenis toepas, hulle weet nie regtig hoe om te werk te gaan nie

Neels ·

Ek dag hierdie ritueel sou gestaak word?

Maar nou ja, dinge neem so lank in SA om te gebeur, niks verbaas my meer nie.

Theresa B ·

Goeie genade tog – Wanneer sal diè spul bykom……….??

Ekke ·

My bediende se kleinseun is op die oomblik by een van hierdie skole. Hy is voor die tyd by ‘n kliniek besny, iets wat ek aangemoedig het. Daar word ‘n groot ophef gemaak van die seuns en hulle families (bv. – my bediende se hare is ook afgeskeer), en die hele gemeenskap staan saam, en is verheug as hulle terugkom. Ons is genooi na die seremonie by haar huis as hy terugkom, en sal dit graag bywoon. Dit is een van baie tradisies wat besig is om uit te sterf (baie jonger mense ignoreer dit eenvoudig) – wat jammer is. Ons moet almal ons tradisies aanhou beoefen om seker te maak dit leef voort. Ek is egter ‘n voorstander daarvan dat dit op ‘n meer verantwoordelike manier gedoen moet word.

Listen Linda ·

Dis soos die TAXIS< niemand wil luister nie. As jy daaroor kla is jy n RASSIS, want dit is hulle kultuur en hulle manier van ding doen . so kry maar vir julle .ongelukkig het ek nie simpatie met mense wat willens en wetens hierdie goed aan hulle kinders laat doen en agterna huil nie ..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.