Vier sterf in botsing op N4

Argieffoto

Vier mense is op slag dood toe ʼn ligte afleweringsvoertuig en ʼn sportnutsvoertuig Sondagmiddag op die N4 naby Middelburg in Mpumalanga gebots het.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het die botsing bevestig, maar sê baie min inligting is tans bekend aangesien noodpersoneel nog op die toneel besig is.

Volgens Mmusi blyk dit in dié stadium asof die twee voertuie sydelings teen mekaar gebots het. Drie mense in die afleweringsvoertuig is dood, terwyl nog ʼn persoon in die sportnutsvoertuig gesterf het.

“Dit is nog nie bekend hoeveel mense beseer is nie en paramedici behandel steeds mense op die toneel. Meer inligting sal later bekendgemaak kan word,” sê Mmusi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

IK ·

‘n Breë snelweg (twee bane) met weerskante skouers vir selfs die breedte van ‘n motor en ons ry in dieselfde rigting maar daar is nie genoeg plek vir beide? Seker alweer iets soos ‘n band wat bars of geduld wat nie meer was of . . . ?

Spike ·

Dronk bestuur en drankmisbruik. Kyk maar hoe lyk dit veral naweke in dorpe en woonbuurte met sjebiens. Hierdie gedrag van sa se mense is ons grootste struikelblok in die opbou van sa, maar ek kannie sien dat die mense se mentaliteit sal verander nie. sa se mense het geen verantwoordelikheid nie.

Abe ·

Spike,
Dis n aaklige opsomming van die situasie wat jy skets. Dit het my laat dink. Is dit so? …..Gevolgtrekking: Ek moet met jou saamstem. Uiteindelik is dit ook die oorsaak van die oorweldigende hoe aantal ongelukke en sterftes op ons paaie.
Ons mense het geen verantwoordelikheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.