Vier sterf in dubbele botsing

Die ongelukstoneel. (Foto: Overvaal Stereo 96.1)

Vier mense is dood in ʼn grusame ongeluk Woensdagoggend op die R721-pad tussen Kroonstad en Vredefort in die Vrystaat.

Twee ambulanse en ʼn vragmotor was by die ongeluk betrokke wat omstreeks 07:00 sowat 40 km buite Kroonstad gebeur het.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê ʼn private ambulans met twee insittendes was in die rigting van Kroonstad op pad toe die bestuurder beheer verloor en die ambulans omgeslaan het. Volgens Thakeng is die bestuurder en sy passasier op slag dood.

Hy sê ʼn staatsambulans wat in dieselfde rigting op pad was, kon nie betyds stop nie en het teen die omgeslane ambulans gebots. Oomblikke daarna het ʼn vragmotor vanuit die aankomende baan teen die twee ambulanse gebots. Twee mense in die staatsambulans het ook gesterf.

Volgens Thakeng moes die bestuurder van die staatsambulans met ʼn mediese helikopter na ʼn hospitaal geneem word. Dit is nie duidelik of nog mense in die ongeluk beseer is nie.

“Die pad is tydelik gesluit terwyl nooddienste op die ongelukstoneel besig was en motoriste moes van alternatiewe roetes gebruik,” sê Thakeng. “’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Muffin ·

Ek dink dit was spoed. Die ambulanse was seker renmotors. Volgens die berig was daar nie pasiente in nie.

Semaarnet ·

Ry die pad weekliks. Sperstrepe? Net vir verbygaan en as die flikker gebruik word dan is dit most reg. Verminder spoed op draaie? Wat wou! Hier gee on vet. Register stuck pad? Nou Kan on most Facebook status check en update.

Semaarnet ·

Ry die pad weekliks. Sperstrepe? Net vir verbygaan en as die flikker gebruik word dan is dit most reg. Verminder spoed op draaie? Wat wou! Hier gee ons vet. Reguit pad? Nou Kan on most Facebook status check en update.

Chris Ws ·

Nou het ek als gehoor!Dis duidelik BEIDE ambulans bestuurders was onbevoeg om ‘n voertuig , wat nog ‘n ambulans , te bestuur.Ek hoop daar gaan ‘n ondersoek kom na hulle bevoegdheid EN al die ander ambulans drywers sin by daai privaat ambulansdiens.By die staat sin sal niks gebeur nie.Bid dat u nie dalk eendag in ‘n staats ambulans na ‘n hospitaal vervoer moet word nie . . . . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.