Vier sterf in fratsongeluk in Sasolburg

Foto verskaf deur ER24

Vier persone is Vrydagmiddag dood toe ʼn sleepwa losgekom en ʼn motor reg van voor getref het op die R59 in Vaalpark.

“Toe paramedici omstreeks 16:00 by die toneel opgedaag het, het hulle ʼn motor op sy sy langs die pad aangetref,” het Ineke van Huyssteen, woordvoerder vir ER24, gesê. “Die sleepwa is ook langs die pad aangetref.”

Vier persone in die motor het nie enige teken van lewe getoon nie. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Die man van die voertuig, wat die sleepwa gesleep het, het nie enige beserings opgedoen nie.

“Die omstandighede rondom die ongeluk is nie bekend aan ons paramedici nie. Plaaslike owerhede is op die toneel en stel ondersoek in.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eiervrug ·

‘n Sleepwa wat loskom is nie ‘n frats ongeluk nie. As hy reg aangehaak word gaan dit nie loskom nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.