Vier sterf in gru-botsing

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Vier mense is dood en drie beseer nadat twee voertuie reg van voor gebots het naby Groblersdal in Limpopo.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die botsing, tussen ʼn Toyota Landcruiser en ʼn Mazda 2, het Donderdag naby die Loskop Valley Lodge plaasgevind.

Volgens Ngoepe is die vier insittendes van die Mazda, twee mans en twee vroue, op slag dood. “Die drie insittendes van die Landcruiser het geringe beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.”

Ngoepe het gesê die name van die oorledenes sal bekend gemaak word sodra al hul naasbestaandes van hul dood in kennis gestel is. “Die presiese oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie en word ondersoek.”

Ngoepe het gesê ʼn saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DJ ·

Regtig, hoekom moet julle foto’s van die ongelukstoneel op media plaas? Kan jy dink hoe moet die familie voel as hulle dit sien?

Griet ·

Die familie sou dit in elk geval wou sien, EK sou wou. Ek weet dit sou niks verander nie, maar ek sou wou weet presies wat gebeur het, soveel inligting as moontlik wou kry.

So jammer vir die naasbestaandes. Mag julle vertroos word.

stella ·

Die motor op die foto lyk eerder van die kant af gestamp as van voor af

ChrisH ·

Die mazda is so hart geslaan dat net die agter kant nog lyk soos n masda. Reddings werkers het die kant oop gesny om due oorledenes uit te haal.

Sterkte vir die families

Joe ·

Sjoee , dit is skokkend & baie tragies …. wonder of spoed of ” over take ” nie deel was van die ongeluk nie ! Die vakansie & fees seisoen is nog nie eers op hande nie & reeds is daar sulke noodlottige ongelukke !!

Marinda ·

Ek is van Groblersdal, en is dood bang vir daai gedeelte voor Loskop Valley. Die mense vat ongelooflik baie kanse op daai stuk pad. Hulle kan gerus dat die verkeersmanne meer ontplooi word in daai gebied. As ons Pretoria toe gaan en Sondae moet terug kom bid ek behoorlik daai stuk om.

Anne-Marie ·

Dit is vreeslik hartseer. Ons het ook Woensdagaand n lelike ongeluk gehad waar vier jong dames hul lewe verloor het by die Jacobsbaai-kruising tussen Vredenburg en Saldanha. Sterkte aan al die families en vriende in hierdie moeilike tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.