Vier sterf in gru-botsing

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Vier mense is dood en minstens tien beseer toe ʼn motor onder ʼn bus beland het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het Saterdag in Giyani in Limpopo plaasgevind.

“Die motor en bus het reg van voor gebots en die motor het onder die bus beland. Die vier insittendes van die motor is op die toneel dood verklaar.”

Ngoepe het gesê die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek, maar ʼn voorlopige ondersoek het getoon dat een van die voertuie wat in die botsing betrokke was, op ʼn blindehoogte verbygesteek het.

Volgens Ngoepe is minstens tien buspassasiers in die ongeluk beseer. “Die identiteit, geslag en ouderdomme van die oorledenes moet nog bepaal word.”

Ngoepe het gesê die oorledenes is erg vermink in die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Shaun ·

Nee Gus . Algehele minagting vir die padreels . Verbysteek op n blinde hoogte . Sien dit daagliks . Daardie wit strepe op die pad beteken mos niks .

Celia ·

Sal waardeer as Maroela ons op hoogte sal hou oor die ongeluk – bv was dit die bus of die motor wat op n blindehoogte verbygesteek het?
Die geslag van die oorledenes kon nie eers bepaal word op die toneel nie!
Dink aan die mediese personeel en wat n trauma om op sulke tonele te moet werk- wanneer gaan motoriste stop om so roekeloos en minagtend te bestuur?

janneman ·

In die foto is dit duidelik die bus staan steeds in sy baan……net nog een by die telling van kop aan kop botsings. Soos Shaun hierbo se, sien dit elke dag op die paaie. Desember tussen Moselbaai en Pretoria mows ons 3 keer aftrek van die pad, al 3 keer taxis wat verbysteek oor soliwde wit lyne, om draaie en op blinde hoogtes. Het nou al aangeleer om spoed te verminder by soliede wit lyne om voorbereid te wees vir die idiotiese bestuurders

Ck ·

Ons was oppad Hartenbos toe die 16de Des. Ek was n wrak op die N9 tot op Graaff-Reinette. Die taxy’s het geen respek vir die mense wie hulle vervoer se lewens nie wat nog tesê van die ander padverbruikers nie.

anton ·

Almal wil mos voorry!n Sekonde voor die ander voertuig tel mos baie punte in m idoot se kop. Sien dit baie.

Asjas ·

Die lekkerste gevoel is wanneer jy agter daai einste maniak stop wanneer julle die dorp so saam saam in ry, toet en waai vir die ou dan besef hy sy gejaag was verniet.

Annie ·

Ons het selfde ervaar waar daar op enige plek verby gesteek word. Solide witlyn beteken niks!!!

Coozah ·

Di onomstootlike ware bginsel van di lewe is; ” Jy sal maai wat jy saai” my pa. Onglukkig moet onskuldiges saam met di idiootdood. Ek het vir 30 jaar as a paramedic operasioneel gwerk en hiri dinge was deel van my daaglikse brood. Ekt al paar keer gsien hoe die base van di
pad (taxi drivers include) op blinde hoogtes vrbysteek. En as da sulke dinge plaasgevind het ek bgin by myself redeneer ‘minus one problem’, want hy sal nooit a bedreiging vir ander padgbruikers wees nie want hy is of dood of vermink. Daar was a verlamde jong man pasient wat ek elke maand na die hospitaal moes vervoer vir sy terapie. Ek het hom gevra wat is di oorsaak van sy toestand. Hy’t aan my gsê hy’s geskiet toe hy a shebeen wou roof. Ekt vir hom pront uit gesê daai ou het jou gehelp om a goeie seun te we as, want jy kan nou nie weer mense roof as jy op die wheelchair sit nie.

Chris Ws ·

Wets toepassers moet 1000 maal vermeerder word en STRENGER wette geimplimenteer word EN pad wette en padreels moet STRENG afgedwing word.Dis al wat sal help.Om aan te hou se mense moet hul gesindhede op paaie verander help niks-dit gebeur nie.Dit sal deur wetstoepassers AFGEDWING moet word.Dis al uitweg.Totdat dit gedoen word sal dinge maar net voortgaan soos nou en nog vererger.Die minister van vervoer doen NIKS om die veiligheid op ons land se paaie te PROBEER verbeter nie!Motoriste self (van ALLE rasse) doen nog minder.

Koos1 ·

Die nuutste is nou om verby te steek in die geel lyn. Ek ry laasweek deur Hammanskraal teen 20 km/h oor die spoedgrens. 3 taxis en 2 karre gaan my lings in die geel streep verby!

anton ·

Dieselfde soort mense wat die taxi’s bestuur is ook die wat voertuie verbygaan op soliede wit strepe! ek het dit al persoonlik telkemale gesien.
Ek wonder net as mens dit met n ”Dash-cam” opneem en aan die owerhede stuur, of die skuldiges vervolg sal word want dit word by die dag net erger. En hulle is ook potensiële moordenaars daarby.

Marina ·

Spoed en die nuutste “mode” deesdae is mos om op n sperstreep of blinde hoogte verby te gaan en nie te stop by ‘n rooi lig of stopstraat nie. “Ons” kyk mos hoe vinnig ons kan ry en eish as iemand seerkry of hoe? Ai

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.