Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het Saterdag in Giyani in Limpopo plaasgevind.
“Die motor en bus het reg van voor gebots en die motor het onder die bus beland. Die vier insittendes van die motor is op die toneel dood verklaar.”
Ngoepe het gesê die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek, maar ʼn voorlopige ondersoek het getoon dat een van die voertuie wat in die botsing betrokke was, op ʼn blindehoogte verbygesteek het.
Volgens Ngoepe is minstens tien buspassasiers in die ongeluk beseer. “Die identiteit, geslag en ouderdomme van die oorledenes moet nog bepaal word.”
Ngoepe het gesê die oorledenes is erg vermink in die ongeluk.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
Spoed.?drank misbruik?wonder maar net.
Sal waardeer as Maroela ons op hoogte sal hou oor die ongeluk – bv was dit die bus of die motor wat op n blindehoogte verbygesteek het?
Die geslag van die oorledenes kon nie eers bepaal word op die toneel nie!
Dink aan die mediese personeel en wat n trauma om op sulke tonele te moet werk- wanneer gaan motoriste stop om so roekeloos en minagtend te bestuur?
In die foto is dit duidelik die bus staan steeds in sy baan……net nog een by die telling van kop aan kop botsings. Soos Shaun hierbo se, sien dit elke dag op die paaie. Desember tussen Moselbaai en Pretoria mows ons 3 keer aftrek van die pad, al 3 keer taxis wat verbysteek oor soliwde wit lyne, om draaie en op blinde hoogtes. Het nou al aangeleer om spoed te verminder by soliede wit lyne om voorbereid te wees vir die idiotiese bestuurders
Almal wil mos voorry!n Sekonde voor die ander voertuig tel mos baie punte in m idoot se kop. Sien dit baie.
Eina die arme kar lyk bad.