Vier sterf in gru-botsing

Foto: @alo_dezzi / Twitter.

Foto: @alo_dezzi / Twitter.

Vier mense is dood en vyf ernstig beseer nadat drie voertuie Sondag in Kaapstad gebots het.

Keri Davids, woordvoerder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, sê die botsing het op die N2-deurpad naby Macassar plaasgevind.

“Van die voertuie was teen bome langs die pad geslinger en van die insittendes en liggame moes uit die voertuie gesny word,” het Davids gesê.

Vier volwassenes is op die toneel dood verklaar, drie mense is kritiek beseer en twee ernstig. Hulle is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.