Vier sterf in gru-botsings

Die ongelukstoneel op die N17 buite Kinross in Mpumalanga. Foto: ER24

Vier mense is dood en twee ander ernstig beseer in twee verskillende botsings wat Dinsdagmiddag plaasgevind het.

Die eerste botsing het naby Bloempoort in Limpopo gebeur. Volgens lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, was drie motors in dié botsing op die R25 betrokke.

“Die drie voertuie wat in die botsing betrokke was, is ʼn BMW, ʼn Hyundai Elantra en ʼn Ford Fiesta. Die twee insittendes in die Fiesta is op slag dood, terwyl die twee insittendes in die BMW ernstige beserings opgedoen het. Die bestuurder van die Hyundai is nie beseer nie,” het Ngoepe gesê. Hy het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek.

Die ongelukstoneel op die N17 buite Kinross in Mpumalanga. Foto: ER24

Intussen is nog twee mense dood toe ʼn bakkie en ʼn motor reg van voor op die N17 buite Kinross in Mpumalanga gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê by paramedici se aankoms op die toneel het hulle die wrakke van die voertuie aan weerskante van die pad aangetref. Albei bestuurders is op die toneel dood verklaar. Dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van die ongeluk was nie, maar dit word deur die polisie ondersoek.

Die verkeer is erg vertraag terwyl die ongelukstoneel opgeruim is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Braam van Tonder ·

Kinross ongeluk, die 2 voertuie was op die selfde kant van die snelweg en LANGAMED se paramedicie was eerste op toneel en die pasiente dood verklaar het.
Vir ‘n buite stander moet ek Langamed komlimenteer op hulle profesionilisme op die toneel, dankie ook aan die Kapelaan wat ook op die toneel was. Hy het regtig baie gehelp om die naasbestaandes by te staan wat op die toneel gekom het.

Net in geval ·

Braam weet jy dalk of daar enige beeld materiaal beskikbaar is ? Dashcam ?

Pastoor ·

Ek bestuur elke dag 45 kilos op n snelweg. Elke dag sien die mees onverantwoordelke dinge. Karre verander van baan sonder flikker. Ry oor ROOI ligte. Sny voor mekaar in. Waar padvernouings is druk hy in. Karre en bakkies rook wiel buckle. By roborts kan ek sien die goed is rommelkaste. Glade bande flikkers remligte werk. Oorlaai die bakkies. Selfs mense met fietse oppi snelweg. Here help hierdie balhorige rampokkers

Lance ·

Is dit waar as jou lisensie na die 11de Mei verval moet jy teoreties sowel as prakties weer oor doen?

My bydra ·

Weet jy as ons almal net meer geduldig is op die paaie en die pad reels gehoorsaam deur jou afstand ,spoed te hou en ander pad verbruikers in ag neem en uit kyk vir gevare dan sal ek dalk oorweeg om te gaan vir my bestuurslisensie! Nerens is n mens meer veilig op die paaie van ons land nie want dis vol slaggate en die munisipaliteit gee nie n dooie diut om nie!! Almal bestuur nes hulle wil en oortree die bestuurswette dis hoekom daar soveel ongelukke is op die paaie en hierdie mense met hulle gekoopte lisensies beter vinnig van die paaie af gehaal word want dis ook hulle wat die meeste ongelukke veroorsaak want hulle kan nie bestuur nie!en ek sien dit daagliks saam die persoon met wie ek ry op die paaie! !! Dis nag op Suid Afrikaanse paaie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.