Vier sterf in gru-ongeluk

Argieffoto: ER24

Vier mense, onder wie twee kinders, is Maandag in ʼn gru-ongeluk op die N12 buite Stilfontein in Noordwes dood.

Annine Dormehl, woordvoerder van ER24, het gesê die bestuurder van ʼn wit motor met agt insittendes het beheer oor die voertuig verloor waarna dit verskeie kere gerol het. Na wat verneem word was twee vroue, twee mans en vier kinders in die voertuig.

“Vier mense is uit die motor geslinger terwyl dit gerol het. Hulle is tussen 10 en 15 meter van die motor se wrak af gevind,” het sy gesê.

Twee vroue, vermoedelik 35 en 60 jaar oud, en twee kinders, vermoedelik 7 en 11 jaar oud, is op die toneel dood verklaar.

“Twee mans en twee kleuters het slegs geringe beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en deur ander nooddienste na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Sy het gesê die wrak van die motor is so erg beskadig dat die model en fabrikaat nie dadelik vasgestel kon word nie.

“Dit is nie duidelik wat veroorsaak het dat die motor rol nie. Owerhede was op die toneel en die ongeluk word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

sharon ·

Het julle daai pad beleef? Behalwe vir die vol voertuig is daardie pad met groot en baie potholes ‘n ramp wat wag om te gebeur. So ook die Viljoenskroon en Bothaville pad… Jy kan nie meer as 40 tot 60 km daar ry nie. Arme mense wat letterlik hul lewens daar waag

Niccy ·

Wat die mense nie besef nie is dat spoed tog ook die dood veroorsaak. Ons paaie is in so ‘n toestand dat mens nie meer vinnig kan ry, veral op paaie wat jy nie daagliks ry nie. Mense asb die wat die 22ste Bloemfontein toe ry, ry asb versigtig. Die paaie is nie in goeie toestand nie.

Piet Pompies ·

Die bestuurder van enige voertuig bly verantwoordelik vir himself, passasiers en ander pad gebruikers. As jou voertuig gebou is om 5 mense veilig te vervoer, dan vervoer jy net 5 mense op die meeste. As jou bande afgeloop is, ootree jy die wet, as padtoestande swak is, ry jy stadig. Hierdie verantwoordelikheid is nie die Polisie of verkeersbeampte sin.

Grappie ·

Daar word vertel van die Audi Quattro met vyf mense in wat deur die spietkop voorgekeer is omdat daar kwansuis een passasier te veel was. Ontstoke vra die Audi-mense waar die hoof spietkop is by die padblokkade. Die antwoord kom dat hy besig is om ‘n kaartjie uit te skryf vir ‘n Fiat Uno met twee mense in . . . Klink soos afrika . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.