Vier sterf in gru-vragmotorbotsing

Foto: Verskaf.

Vier mense is Saterdagoggend dood toe ʼn vragmotor op die N4 naby Schagen in Nelspruit omgeslaan het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het om 08:15 by die toneel opgedaag en die vragmotor “heeltemal oopgeskeur” aangetref.

Volgens Vermaak is al drie mans en een vroulike insittende op die toneel dood.

“Ongelukkig was daar niks wat ons vir hulle kon doen nie en hulle is op die toneel dood. Al vier is tydens die voorval uit die vragmotor geslinger,” het Vermaak gesê.

Foto: Verskaf.

Volgens Vermaak word dit beweer dat die vragmotor met ʼn groot boom aan die kant van die pad gebots het voor dit langs die pad tot stilstand gekom het.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, het die voorval bevestig.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ek ·

mag daar 4 mense voor in vragmotor ry….passasiers opgelaai..tragies

Abe ·

Ek en Sam
Daar is wel vragmotors wat vir 4 persone voor (passasiers ) gebou is.

Johan ·

ellke keer as dit reen dan gaan ons ADSL lyn af in vanderbijlpark wat is vout met Telkom

Renier Engelbrecht ·

Ek laai geen maar geen mense wat ryloop op nie. Indien daar n ongeluk plaasvind soos hier, stel jy jou bloot aan eise. Dis waarvoor taxis daar is.

Piet Pompies ·

Ons het vanoggend by die toneel verby gery, dit is ‘n dubbel baan pad in albei rigtings. Geen bome is naby die pad, dit wil voorkom of die swaarvoertuig die pad verlaat het en teen die boom gebots het. Die stuk pad is teen ‘n afdraende wat kon bygedra het tot die spoed van die vragmotor aangesien die vrag die hele area vol was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.