Vier sterf in grusame trompop-botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Vier mense is dood toe ʼn vragmotor en motor Saterdagaand reg van voor teen mekaar gebots het naby Winkelspruit, aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 19:00 op die R603 in die Lovu informele nedersetting plaasgevind. “Nadat die voertuie gebots het, het die vragmotor die pad verlaat en saam met die motor ongeveer 100 meter deur die nedersetting geploeg en alles in sy pad verwoes,” het Botha gesê.

Die motor, waarin vier insittendes vasgekeer is, was onder die trok vasgedruk. “Drie van die insittendes het toe reeds aan hul veelvuldige beserings beswyk. Die vierde een was in ʼn kritieke toestand en paramedici het vinnig gewerk om hom te probeer stabiliseer, maar hy het ongelukkig ook gesterf voordat hy uit die wrak bevry kon word.”

Volgens Botha moes ʼn vragmotor en hyskraan gebruik word om die vragmotor van die motor af te trek, voordat reddingswerkers meganiese toerusting kon gebruik om die vier liggame uit die wrak van die motor te sny.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Korrel ·

Die vragmotorbestuurder sit hoog en droog en weet hy sal niks oorkom nie. Vra vir enige inwoner van bosbougebiede en hulle sal getuig hoe party van hout vragmotorbestuurders genot daaruit put om te flikker te wys dat jy veilig kan verbygaan terwyl hy weet daar is n kar van voor oppad.

Asjas ·

Ek het net een keer die fout gemaak om gebruik te maak van ‘n “hulpvaardige” vragmotor bestuur se flikkerlig. Nou vloek ek hulle! EK sal besluit wanneer dit veilig is om verby te gaan. Die Taxis kan maar wag of self gaan kyk of dit veilig was …

Cherokee ·

Waarom hulle vloek? Wat van as dit werklik ‘n hulpvaardige vragmotorbestuurder is? Ek het by Van Reenen’s in die bergpas stilgehou om ‘n trop skape uit die pad te jaag met witmense wat stadig tussen die skape deurgekronkel het (selfs sonder ‘n dankie – miskien gedink dit is my skape) en ‘n swart lorriebestuurder het stilgehou en gehelp om die skape deur ‘n gebreekte heining te jaag terwyl ‘n skaapwagter nader gehardloop het. Is jy ‘n gedagteleser? Terwyl ek langs die pad fotos geneem het, het vragmotorbestuurders verby gery, toeter geblaas en gegroet. Jy moet nie dit mislik maak om op die pad te ry nie. Wees altyd hoflik want dit dra by tot padveiligheid.

janneman ·

Dit bevestig nou weereens my waarnemings rondom gerapporteerde ongelukke die laaste jaar of so. Die hoeveelheid tromp op botsings groei by die dag, en meestal te wyte aan verontagsaming van padreels, nl die oorsteek van n soliede wit lyn, vir welke rede ookal, maar meestal vir verbysteek van n ander voertuig. Myns insiens is hierdie oortreding poging tot moord, want die oortreding word met voorbedagte rade gepleeg, en die resultaat van die oortreder se daad lei amper sonder uitsondering tot lewensverlies. Ek sou graag n landswye aksie wou sien waar ons as publiek, wat agter iemand ry wat sokiede wit sperstrepe oorsteek gefotografeer word en gerapporteer word aan die relevante owerheid. Verder sou dit werklik prysenswaardig wees indien hierdie oortreders dan baie swaar gestraf word, bv n R10 000 boete minimum, of selfs n vonnis soos in die geval van dronk bestuurders. Ek dink die oorsteek van n sperstreep is selfs gevaarliker as n dronk bestuurder.

Sam ·

Sou graag SPIKES wou oprig op permanente wit strepe wat bande stukkend steek. DAN sal die mototriste 2 keer dink en gehoorsaam begin raak. Sal dalk NET ook help dat mense BINNE die regte baan BLY.

Stormrider ·

Ja, new, kerels. Spikes gaan die ongeluksyfer daadwerklik verminder. Blink plan manne!

Cherokee ·

So, die arme vrouepassasier aan die linkerkant en haar kindertjies moet maar suffer omdat haar roekelose man teen haar vermaning oor die spikes ry en wiel bars. Of erger nog, onwillekeurig oor die sperstreep swaai om ‘n ongeluk te vermy. Dit is een van die domste indien nie werklik die heel domste kommentare nog.

SPEEDGUARD ·

As oud verkeersbeapmte ,toesighouer en opleidings beampte was dit ons prioroteit om te konsentreer op beweegende oortredings, Bv Bane verwissel sonder die nodige sein, en juis sper strepe, hul was summier onder arres geplaas vir Roek & Nat bestuur ons was baie suksesvol met die bekamping van ongelukke soos hierdie een (jare terug) , ongelukkig kan mens nie alle voorkom nie, dit is ook nou vir my baie onstellend om in geselskap te hoor hoe maklik dit is om bestuurderslisensies maklik te kry deur vriende van die kinders se Pa’s of kontakte, maak seker jou kind kry die bestuurders lisensie op die korrekte wyse sonie staan die ouers saam langs die oop graf van die kind waarvoor hul die lisensie gereel het, dink waaraan jy jou kind bloot stel, daar is amper niks wat mens so vermink soos ‘n motorkar nie, dit is glo my aaklig en baie onstellend!

MdP ·

Dit gaan nie net oor die maklik nie! Dit is vrekduur om ‘n bestuurslisensie deur die gewone kanale en op eerlike wyse te bekom, want herskryf en hertoets beteken meer geld vir bestuurskole en aansoekers!

Asjas ·

Hoe vinnig moes hy nie ry om met kar en al nog 100m in huise in te ploeg nie? En dit in ‘n woonbuurt waar trokke tussen 40 en 60km/h toegelaat word?? Trokke is ook in die verlede nie in woonbuurte toegelaat nie want hulle saai net verwoesting. Ry verkeersligte om en breek sypaadjies ens maar ek sien die reels geld ook nie meer nie.

Babyface ·

Asjas, n trok is nie soos n kar wat net vinnig kan stop nie, veral as hy nog n vrag ook het, vat hy nog langer om te stop, met 15 +ton op stoot hy nog die trok ook.

Hoffie ·

Ook nie lank terug in die slagyster getrap van die vragmotor bestuurder vir my wys ek kon verby kom ,en toe kom daar n ander vragmotor van voor wat bo oor ons gesin sou gery het.Vertrou hulle nie meer tensy ek self kan sien wat aangaan .

cobus van niekerk ·

rigtingwysers isnet wat die naam se en dit meen dat n voertuig wil draai of van baan verander…dit is nie n verby steek wyser nie

santie ·

Verlede sondag was my neef se seun en vriend ook in ‘n kop aan kop botsing met ‘n vragmotor die drywer van vragmotor het 2 ander vragmotors by ‘n draai verby gesteek. God het daai 2 seuns so beskerm dat hul nie ernstig seer gekry het nie as mens na hul voertuig kyk kon dit soveel erger gewees het.

wilma ·

Asb mense. Vragmotor bestuurders moenie flikkerligte gebruik en bestuurders aanneem hul kan verbygaan nie. Die padreel se gaan verby wanneer dit veilig is en daarom moet bestuurder vani voertuig self seker maak of dit veilig is. Ignoreer die vragmotor bestuurder se flikkerlig behalwe indien hyself wil verbygaan of vani pad af trek

Luister ·

My innige simpatie met die naasbestaandes. Ek dink ook altyd hoe traumaties dit vir die noodwerkers moet wees. Dankie vir julle goeie werk!

Wynand ·

Ek stem saam dat daar tro drywers is wat nie op die pad hoort nie, maar so is daar ook motoriste wat idiote is.
Ek as n trok drywer kan boekdele skryf van ondervindings met idiotiese motoriste.
Probleem is net dat indien daar n vragmotor betrokke is by n ongeluk word die drywer van die vragmotor altyd geblameer ongeag wat gebeur het.
Ek wil net sê dat 90% van ons trok bestuurders is beter bestuurders as 95% motor bestuurders.
Mense vergeet dat die masjien wat ons bestuur waneer dit n “superlink” is vol gelaai is met vrag tot 56ton kan weeg en ek wonder wie van julle wat so gal braak teenoor ons vragmotorbestuurders sal daai masjien kan beheer, wat nog te sê van agteruit stoot in party baie nou plekkies?
Ek wonder maar net.

CommentQueen ·

Shame. Nou kry al wat n trokdrywer is weer skuld vir als…
Miskien moet julle die trokdrywers minder vloek en skel dan sal hulle ook in n beter bui agter die stuur inklim.
Miskien moet julle SLEGS verbysteek as julle SELF kan sien dat dit veilig is en nie jul veiligheid in die hande van n vreemde trokdrywer sit nie.
Miskien moet julle ipv vloek en skel net soms hoot en groet, dit sit nie net n smile op n vreemdeling se gesig nie, maar net DALK sit dit n smile op jou DIKBEK LANG GESIG….
Probeer dit bietjie. Mens noem dit:
M E N S L I K H E I D
V R I E N D E L I K H E I D
G O E I E M A N I E R E

Leeutjie ·

Ek het ook al gedink ‘n nasional groetdag sal baie spanning verlig onder voertuig bestuurders. Probeer waai en kyk hoe verander mense se houdings! Vanoggend self gesien hoe 2 voertuig bestuurders mekaar op die pad probeer bykom deur heen en weer mekaar te jaag!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.