Vier sterf in huisbrand

Argieffoto

Vier mense, ʼn 35-jarige man en drie kinders, het Sondagoggend in Kaapstad in ʼn huisbrand omgekom.

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het gesê die voorval het in die vroeë oggendure in Vrygrond in Muizenberg plaasgevind.

“Omstandighede rakende die voorval word ondersoek,” het sy gesê.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die kinders wat in die brand omgekom het, is onderskeidelik 10 en sewe jaar oud. Die ander kind is ʼn ses maande oue baba.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wonder ·

Dit is sekerlik een van die ergste maniere om te sterf. Sterkte aan die familie.

Tralies ·

Ons leef so agter tralies in ons wonings dat met so-iets ons nie kan ontsnap. Ek het ‘n ystersaag in my slaapkamer om (hopelik) dan te kan uitkom. Wat ‘n tragiese gebeurtenis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.