Vier sterf in Kaapse brande

Argieffoto

Vier mense is Sondag vroegoggend in twee afsonderlike brande in informele nedersettings in die Wes-Kaap dood.

Die brande het onderskeidelik in Khayelitsha en Dunoon uitgebreek.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer en reddingsdienste in Kaapstad, het aan Maroela Media gesê die nooddienste is kort ná 04:30 na die Qandu-Qandu-informele nedersetting ontbied waar ’n skuiling aan die brand geslaan het.

Volgens Carelse het twee mans en een vrou noodlottige brandwonde in dié voorval opgedoen. Die skuiling is ook heeltemal in puin gelê.

Brandbestryders is kort daarna teen 04:45 na nóg ’n brand in Usasazastraat in die Bhekela-informele nedersetting ontbied waar hulle op ’n liggaam afgekom het wat onherkenbaar verbrand het.

“Die polisie stel ondersoek in na albei voorvalle.”

Carelse het nou ʼn beroep op inwoners gedoen om versigtig te wees wanneer hulle probeer warm bly te midde koue weerstoestande wat na verwagting die komende week gaan voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae