Vier sterf in Krugersdorp-botsing

Foto: Netcare 911

Vier mense is Woensdagaand in ʼn botsing in Krugersdorp aan die Wes-Rand dood.

Paramedici is omstreeks 18:15 na die toneel in Paardekraalweg in Luipaardsvlei ontbied, het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Vier motors was in die botsing betrokke. “Paramedici het vier mense op die toneel dood verklaar en 17 mense is vir matige tot ernstige beserings behandel.”

Volgens Herbst is die beseerdes deur verskeie ambulansdienste na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Maljan ·

Wanneer kom die kar/pad/ gedrag kenners hulle hulle wysheid deel

Gert van Wierdapark ·

Verseker was daar weer ‘n “Doodskis op Wiele” (taxi) betrokke gewees! Die nuwe mini-ster van Vervoer moet wakkerskrik en die slagting op die paaie danksy veral taxis, aan die nek gryp en uitsorteer = vinniger as later want dit is padmoord in vermomming!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.