Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ses mense was in die motor toe die bestuurder glo beheer verloor het en teen ʼn betonversperring gebots.
Volgens Botha is vier mense op die toneel dood verklaar. Die ander twee insittendes het ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voordat ʼn vrou deur paramedici van Netcare 911 in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is. Die ander beseerde is deur die Metro-ambulansdienst na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.