Vier sterf in Kuilsrivier-ongeluk

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Vier mense is vroeg Sondagoggend dood in ʼn ongeluk op die R300 in Kuilsrivier in die Wes-Kaap.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ses mense was in die motor toe die bestuurder glo beheer verloor het en teen ʼn betonversperring gebots.

Volgens Botha is vier mense op die toneel dood verklaar. Die ander twee insittendes het ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voordat ʼn vrou deur paramedici van Netcare 911 in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is. Die ander beseerde is deur die Metro-ambulansdienst na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.