Vier sterf in KZN-botsing

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

Vier mense is dood en een persoon is kritiek beseer nadat twee motors op die N2 naby Mandeni, KwaZulu-Natal gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê een van die motors, met vier insittendes, het weens die impak van die botsing aan die brand geslaan.

Botha sê die vier insittendes is met paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die ander motor is kritiek beseer en is op die toneel behandel voor hy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.