Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê een van die motors, met vier insittendes, het weens die impak van die botsing aan die brand geslaan.
Botha sê die vier insittendes is met paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar.
Die bestuurder van die ander motor is kritiek beseer en is op die toneel behandel voor hy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.