Vier sterf in KZN-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Vier mense, insluitend ʼn drie maande oue baba, is dood nadat ʼn minibustaxi Saterdag sowat 100m teen ʼn wal af gerol het naby Port Shepstone in KwaZulu-Natal.

Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die ongeluk het op die Oribi Gorge-pad plaasgevind. Mckenzie het gesê die baba het die ongeluk oorleef maar is later by die hospitaal dood.

“Sy is na die Murchison-hospitaal gehaas na die ongeluk. Haar toestand het egter begin versleg nadat sy by die hospitaal aangekom het en sy is oorlede,” het Mckenzie gesê.

Volgens Mckenzie is 11 mense in die ongeluk beseer. Een persoon is kritiek beseer terwyl vyf mense ernstige beserings opgedoen het. Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na die Murchison- en Port Shepstone-hospitale geneem is vir verdere mediese sorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.