Vier sterf in Lephalale-ongeluk

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Vier persone, waaronder ʼn polisiesersant, is Saterdagmiddag dood in ʼn ongeluk buite Lephalale (Ellisras) in Limpopo.

“Die ongeluk het op die Marken/R518-pad plaasgevind,” het lt.kol Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die bestuurder van ʼn dubbelkajuitvoertuig het glo beheer verloor oor die motor en het ʼn aankomende motor getref.”

Drie persone is op slag dood en ʼn vierde persoon is met sy aankoms by die Lephalale- provinsiale hospitaal dood verklaar.

Die 38-jarige sersant, wat in die ongeluk oorlede is, was by Rabasotho in Tembisa, Gauteng, gestasioneer.

“Die Villanora-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Die ondersoek duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.