Vier sterf in Limpopo-ongeluk

Foto verskaf deur Limpopo SAPD

Die polisie in Lephalale (Ellisras) ondersoek ʼn saak van strafbare manslag ná vier persone Sondag omstreeks 17:00 dood is in ʼn ongeluk.

“ʼn Toyota Yaris het glo van Marken in die rigting van Lephalale gery toe hy ʼn Ford Ranger, wat in die teenoorgestelde rigting gery het, reg van voor getref het,” het kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

Vyf persone, insluitend die bestuurder het in die Toyota Yaris gery. “Drie persone was in die wrak vasgekeer toe die aan die brand geslaan het. Een passasier is buite die motor aangetref en hy is op die toneel dood verklaar. Een persoon het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.”

Die bestuurder van die Ford Ranger en sy passasier het ook ernstige beserings opgedoen en is ook na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie se ondersoek duur voort. Die polisie is ook besig om die identiteit van die oorledenes vas te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie J ·

So onnodig en tragies. Verbeel ek my of word dit nou roetine dat voertuie aan die brand slaan met ongelukke. Iemand in die vervaardigingsproses wat versuim om veiligheidsmaatreels behoorlik te implimenteer/af te dwing?

Jakes ·

Tragiese ongeluk. Wonder wat die streftesyfer per jaar in Limpopo is?

Miskruier ·

Daar is sommige mense wat reken altwee bane behoort aan hulle. Dis meestal kop aan kop botsings. Ek ry elke dag op n nasionale roete, gereeld kom n voertuig wat verby wil steek, reg op my af gery, ek flikker ligte dan is die persoon so brutaal om vir my ligte terug te flik, dit terwyl ek op my kant van die pad ry!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.