Vier sterf in Limpopo-ongeluk

Foto: SAPD Limpopo

Vier persone is Sondagoggend dood en twee ander ernstig beseer tydens ʼn botsing tussen ʼn motor en ʼn vragmotor op die N1 in Limpopo.

“Die ongeluk het omstreeks 02:00 ongeveer 10km suid van Mookgophong (Naboomspruit) plaasgevind,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens inligting het die motor in ʼn suidelike rigting gery en die vragmotor reg van voor getref. Die vragmotor het omgeslaan en die bane in albei rigtings versper.

“Vier persone in die sedan is oorlede. Twee persone, een van elk van die voertuie, het ernstige beserings opgedoen. Hulle is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Mojapelo bygevoeg.

Motoriste is aangeraai om van die R101 by die Naboomspruit-afrit gebruik te maak en diegene uit ʼn suidelike rigting is ook na die R101 herlei by die Kranskop-afrit.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die ondersoek duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gatvol ·

En nog steeds is daar geen wetstoepassing op hierdie doodspad nie. 4 bane geen middelman nie. En motoriste wat teen snelhede ry wat jou hare laat rys. Sluit die pad totdat Sanral n ordentlike pad bou.

Niets ·

Geen middelman! Hoeveel mense moet nog hul lewens verloor? Elke keer op hierdie pad op die N1, selfde stuk pad! Help Maroela, kan jul druk plaas asb!!

WILLEM Erasmus ·

Die pad is in n goeie toestand, stem saam met n middelman tussen die bane, die groot oorsaak is dat mense die spoedgrens oorskry en daar nie genoeg wetstoepassers is nie, die pad dra baie verkeer, die regering moet ingryp om die pad daadwerklik veiliger te maak, wat van die ou wet dat vragmotors net tussen sekere tye mag ry? Die ander oorsaak is dat dit n lang afstand pad is en die bestuurders oormoeg is en nog steeds bestuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.