Vier sterf in Middelburg-ongeluk

(Argieffoto: @WCHEMS/Twitter)

Vier persone is Vrydagaand dood in ʼn ongeluk op die N4-tolpad tussen Middelburg en Belfast in Mpumalanga.

Moeti Mmusi, woordvoerder van gemeenskapsveiligheid, het gesê die ongeluk het omstreeks 21:00 plaasgevind. Twee motors het mekaar reg van voor getref.

“Die oorledenes sluit albei bestuurders in. Twee vroue en twee mans is in die ongeluk oorlede.”

Geen verdere beserings is aangemeld nie.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

Gabisile Shabalala, LUR van gemeenskapsveiligheid, het motoriste gemaan om versigtig te wees op die paaie, veral hierdie naweek. “Meeste mense sal waarskynlik hierdie naweek op die pad wees, omdat Dinsdag ʼn openbare vakansiedag is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

leser ·

alweer reg van vooraf, wat gaan aan met die mense ?????????????

PIPPIE LANGKOUS ·

Hier moes iets snaaks gebeur het. Die pad tussen Middelburg en Belfast is 2 tot 3 bane per rigting met ten alle tye ‘n baie groot middelman tussen-in

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.