Vier sterf in Mpumalanga-botsing

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Vier mense is dood en nagenoeg 20 mense is beseer nadat twee minibustaxi’s Saterdagaand in Mpumalanga gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 18:00 Saterdagaand op die R573 in Kwamhlanga plaasgevind.

Volgens Botha het wrakstukke oor die pad gestrooi gelê en was van die passasiers steeds in die voertuie, terwyl ander langs die pad gesit het. Vier mense is op die toneel dood verklaar. Vyf mense is kritiek beseer terwyl 20 mense ernstige beserings opgedoen het.

Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere mediese sorg. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.