Vier sterf in Nelson Mandelabaai-ongeluk

(Foto verskaf aan Maroela Media)

Vier persone het Sondagmiddag in Port Elizabeth verongeluk toe twee motors gebots het.

Charles Bramwell, woordvoerder van die Oos-Kaapse verkeerspolisie, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het omstreeks 15:00 in Booysenspark plaasgevind.

“ʼn Jetta sedanmotor het in Ou Uitenhageweg van Port Elizabeth in die rigting van Uitenhage gery toe dit teen ʼn Opel Corsa, wat in die rigting van Port Elizabeth gery het, gebots het,” het Bramwell verduidelik. “Die ongeluk het op die kruising van Nooitgedachtweg met Ou Uitenhageweg plaasgevind.”

“Paramedici het sewe pasiënte op die toneel ondersoek. Vier persone het egter noodlottige beserings opgedoen en is dood verklaar,” het Bramwell bygevoeg. ʼn Man wat in die Opel Corsa gery het, was in die wrak vasgekeer en het aan sy beserings beswyk. Drie persone in die Jetta, ʼn vrou, man en dogter, het ook aan hul beserings beswyk.

ʼn Agtjarige seun het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem. Twee persone het geringe beserings opgedoen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karolis ·

Daar was nie gery nie, daar was gejaag as ek so na die meegaande foto’s kyk.

Showahed ·

Nelson Mandelabaai? Waar is dit? Ek bly in Port Elizabeth….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.