Vier sterf in nóg ʼn vragmotorongeluk

Foto: Netcare 911

Vier mense is Saterdagaand in ʼn ongeluk in Inanda, KwaZulu-Natal, dood waarby daar weer ʼn vragmotor betrokke was.

Die ongeluk het omstreeks 21:00 op die Curnick Ndlovu-snelweg gebeur toe die bestuurder van vragmotor beheer oor die voertuig verloor en die vragmotor omgeslaan het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê twee mans en twee vroue was in die wrak van die voertuig vasgekeer. Lede van die Ethekwini brand- en reddingseenheid moes meganiese toerusting gebruik om die insittendes uit die wrak te bevry.

Foto: Netcare 911

Nadat hulle bevry is, het paramedici hulle ondersoek, maar bevind dat hulle geen tekens meer van lewe getoon het nie.

Die ongeluk kom nadat ʼn massiewe ongeluk Vrydag op die N1 naby Mookgopong in Limpopo skokgolwe deur die land gestuur het toe 28 mense in dié ongeluk dood is. Die ongeluk het gebeur toe die band van ʼn vragmotor se regtervoorwiel gebars en die voertuig teen aankomende verkeer gebots het.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeerbestuurkorporasie (RTMC), het vroeër gesê daar is vanjaar landswyd reeds 91 mense dood en 275 beseer in ongelukke waarby vragmotors en busse betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

WH van der Merwe ·

Altyd n vragmotor begin nou n patroon volg of verbeel ek my

Koos de Meyer. ·

Hulle was in die wrak van die voertuig nie in die trok nie.

Mariné Lourens ·

Dagsê Koos

Dankie vir jou kommentaar. Let asseblief daarop dat daar slegs een voertuig by die ongeluk betrokke was en dit was die vragmotor. Die vragmotor het omgeslaan nadat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Hoop dit klaar die verwarring op.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Netso ·

Hier gaan ons alweer! Nou gaan ons trok eienaars weer almal gekruisig word! Onthou asb terwyl julle messe slyp “suid – regstellende “AFRIKA” is steeds derde wêrld en daars lankal nie meer veranderwoordlike en bevoegte mense wat aan voertuie wat tot 56 ton weeg werk nie! Wat verwag julle? Kyk maar hoe jaag almal voor ñ lorrie in by ñ verkeerslig en hoe bedagsaam was jy om plek te gee as daai geel ligte aankom om baan te wissel ? Ek wens almal kan ñ uur in ñ swaarvoetuig ry om te besef dis eintlik ñ trein sonder ñ spoor en dat dit dieselde repek verdien! AMEN

RaZoR ·

Jy lles ook net wat jy wil ne, lees aandagtig dan sal jy raak lees dat hulle almal in die motor was en die trok bestuurder het niks oorgekom nie.. mooi lees..

chris ·

mense het nie respek vir vragmotors nie en besef nie wat dit is as sy band bars nie gaan ry daai ding
en voel hoe voel dit om hom te beheer met of sonder vrag

Willehond ·

Twee vroue in die wrak? Wat maak hulle daar? Was die manne nie afgely deur ander bedrywighede nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.