Vier sterf in Noordwes-ongeluk

Die ongeluk op die N12 (22 April 2017) Foto: ER24

Vier persone is Saterdagaand dood en ses beseer tydens ʼn ongeluk op die N12 tussen Klerksdorp en Potchefstroom.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê twee ligte motors was in die ongeluk betrokke. “Die liggame van drie volwassenes en ʼn jong kind is in een van die motors aangetref,” het hy gesê. “Al vier persone het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Ses ander persone is op die toneel gevind. Hulle het geringe tot matige beserings opgedoen. “Die pasiënte is op die toneel ondersoek en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

huggy bear ·

Oorsaak van “ongeluk” word nog ondersoek.

Kom ons.kyk of ons sommer van.hier af die oorsaak kan vassal.
Wat van: “Nie-nakoming van padreëls”
om mee te.begin. Nie n slegte begin nie.
Nou kan ons maklik verder kyk.

Speaks da Truths. ·

Ek ken van die persone wat oorlede is in die ongeluk.
Hy het baie versigtig en noukeurig pad reëls gevolg.

Scalla ·

2 ligte motors in n ongeluk, dus 10 person betrokke, 4 in een motor dood, so daar moet dus 6 in die ander een gewees het, jy kan dink wat jy wil maar nie sê wat jy wil nie. Van my mense is daar verby die toneel so by 22h00 , dit is n dubbel pad so verkeer het in dieselfde rigting beweeg, sterkte aan die mense.

Lei ·

Die berig is nie heeltemal korrek nie. Daar was 3 voertuie betrokke.

Ange ·

Nog a hartseer berig. Ek kan nie verstaan hoe mense nogsteeds onverskillig ry nie. Almal weet al seker teen die tyd dat ongelukkige so vinnig gebeur. Mense is so ongeduldig teenoor mekaar en op die pad.

Leeuwêreld ·

Dit lyk my dat die N12 by Klerksdorp, Potch., Fochville behoorlike leeuwêreld is. Daar is gereeld ontsettende ongelukke op daardie pad.

Buitestander ·

Ja, kan die paaie rond om Pocht as die pad van die dood beskryf.

Buitestander ·

Ja, kan die paaie rond om Pocth as die pad van die dood beskryf.

Sê maar net. ·

Mense ons was self daar op die pad rondom daardie tyd. Julle moet self daardie pad ry om te verstaan. Die pad is deurtrek van potholes. Ons was deur n paar van hulle. Ons het seker so stuk of 7 motors langs die pad sien staan om bande te ruil. In die donker is dit ook nog baie moeilik om die pothole raak te sien.
Die moontheid dat die een voertuig dalk uitgeswaai het vir die slaggat bestaan. Aldus . Slaggate is die oorsaak van meeste ongelukke.

C ·

Se Maar net , ek dink nie jou feite is reg Daar nie , die pad tussen potch en Klerksdorp is n dubble pad. Die pad is in goeie toestand.

Scalla ·

ek se maar net , jy praat seker van n ander pad, die N12 waar dit gebeur het is in n puik toestand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.