Vier sterf in ongeluk in Noord-Kaap

Die pad tussen Kimberley en Douglas in die Noord-Kaap (Foto: Google Maps)

Vier persone is Donderdag dood tydens ʼn ongeluk tussen ʼn Audi en ʼn vragmotor ongeveer 40 km buite Kimberley in die Noord-Kaap, op die pad na Douglas.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê al vier insittendes van die Audi sedan is op die toneel dood verklaar. “Paramedici moes van meganiese toerusting gebruik maak om die liggame uit die wrak te sny. Die bestuurder van die vragmotor is na ʼn hospitaal in Kimberley geneem vir verdere behandeling.”

Volgens ʼn voorlopige ondersoek het die vragmotor se band vermoedelik gebars en die bestuurder het beheer verloor oor die voertuig voor dit die aankomende Audi getref het.

Die vragmotor en Audi het in teenoorgestelde rigtings gery. Die vragmotor was op pad in die rigting van Douglas en die Audi op pad na Kimberley.

“Plooysburg-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Die name van die oorledenes word weerhou totdat hul naasbestaandes in kennis gestel is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Danie ·

Dit is baie jammer dat vier mense dood is. Die berig se dat ‘n band gebars het. Ek neem aan dit een van die voorwiele se band wat gebars het. Daar is slegs ‘n handjie vol baie vaardige bestuurders wat ‘n kar onder beheer kan bring wanneer ‘n voorwiel se band bars. Die res van ons gaan of ander die linkerkant van die afry of oor die pad swaai. Wanneer daar dan ander voertuie op die pad is is ‘n botsing onvermydelik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.