Vier sterf in ongelukke buite Witrivier

Die toneel in die omgewing van Witrivier waar ‘n bakkie en ’n motor op die R538 teen mekaar gebots het. (Foto: ER24)

Vier mense is Saterdagnag in twee afsonderlike motorongelukke op die R538 (Plaston-pad) buite Witrivier in Mpumalanga dood.

Drie mans is in die vroeë oggendure dood en twee ander beseer toe twee motors reg van voor teen mekaar gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is omstreeks 02:20 na dié toneel ontbied waar hulle by hul aankoms albei motorwrakke in die middel van die pad aangetref het.

’n Insittende van die een motor en twee insittendes van die ander het noodlottige beserings opgedoen.

Twee ander mans het ligte beserings in die voorval opgedoen en is na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Nóg ’n man is kort tevore dood toe ’n bakkie en ’n motor op die R538 teen mekaar gebots het.

Paramedici is kort ná 00:00 ná die toneel ontbied waar hulle by hul aankoms die bakkie langs die pad aangetref het. Die motor is in die middel van die pad aangetref.

Die bestuurder van die bakkie is in sy voertuig gevind en dood verklaar.

Die bestuurder van die motor het matige beserings in die voorval opgedoen. Hy is op die toneel behandel voordat hy na ’n hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

Die plaaslike owerhede was vanoggend op albei tonele om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Blikke ·

Nnnnnnn…..hellooooo…..is daar nie veronderstel om inperkingsregulasies na te kom nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.