Vier sterf in Pta-botsing; N4 gesluit

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Minstens vier mense is dood en drie kritiek beseer, ná ʼn gru-botsing Vrydagmiddag tussen ʼn minibustaxi en nog ʼn voertuig op die N4, naby Solomon Mahlangu-rylaan in Pretoria.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê twee mans en twee vroue is op die toneel dood verklaar. Drie ander mense, insluitende ʼn kind, het kritieke beserings opgedoen. Die kind moes per helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem word.

“ʼn Gedeelte van die N4 is tans gesluit en motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak. Verskeie nooddienste is nog op die toneel,” het sy gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Corrie ·

Nog ‘n Taxi betrokke…..dit hou net nie op nie…..arme passasiers!!!

Penellope Jones ·

Nie ‘n dag gaan verby sonder dat ons erens lees dat ‘n taxi betrokke was in ‘n botsing nie.

T ·

Wat n ramp. Waar kry hierdie taxi bestuurders hul lisensies vandaan?

CHRISTA ·

By hulle supermark op ‘n “special” – “buy one, get one free”!

nieBAFUnie ·

“Die oorsaak van die ongeluk is is nog nie bekend nie en word deur die Polisie ondersoek”. Wat wil hulle ondersoek? Maak oop jul oë en sien daar is ‘n bl………se taxi betrokke!!

CQ ·

Die oorsaak van die ongeluk HOEF NIE ondersoek te word nie – almal weet die OORSAAK van die ongeluk is die TAXI!!!!

Buitestander ·

‘n Taxi is nie ‘n veilige vervoermidel nie, raak van self buite beheer.

Cheryl ·

Om jou vraag te beantwoord T hul koop seker hul lisensies…. Wens hul kan alle taxis skraap van die paaie… Wat nooit sal gebeur nie ek weet, maar dit sal soveel plesier vir ons ander pad gebruikers wees.

A.Willemse ·

Daar word geglo dat soos die drankwet padreëls ook nie op hulle van toepassing behoort te wees nie, Transformasie word gesien as die bevryding van alle beperkende wette wat volgens die nuwe geskiedenis op voorheen benadeeldes toegepas was.

Andrea ·

Jy praat die waarheid. Baie van my swart kollegas (akademici) het dit al bevestig en hul stem saam met hierdie siening!

Tinktinkie ·

MM is dit moontlik om die tyd wanneer d berig geplaas word langs d datum te sit asb. Dit kan byv help om as berigte soos bg. gelees word te bepaal of d pad nog gesluit is.

M A ·

My dogter het my al 20 voor 4 gistermiddag laat weet die N4 is toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.