Vier sterf in Sasolburg-botsing

Een van die motors wat in die botsing betrokke was. Foto: ER24

Een van die motors wat in die botsing betrokke was. Foto: ER24

Vier mense, waaronder ʼn vyfjarige seun, is Sondag dood en ses ander beseer nadat drie voertuie naby Sasolburg in die Vrystaat gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die R57 plaasgevind. “Die seun en twee mans was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hulle het saam in een voertuig gery,” het Meiring gesê.

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in ʼn ander voertuig aangetref. Hy was in die wrak vasgepen en moes deur die brandweer uitgesny word. Paramedici het vir 20 minute tevergeefs probeer om sy lewe te red. Hy is op die toneel dood verklaar.

“Ses ander mense het tussen matige en ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling,” het Meiring bygevoeg.

Die oorsaak van die ongeluk is nie in die stadium bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

OJ VENTER ·

DIT IS TRAGIES OM TE LEES VAN AL DIE PLAASMOORDE.DIT IS MEER TRAGIES OM TE SIEN PLAASHUISE SONDER BEHOORLIKE DIEFWERING,VEILIGHEIDS DEURE,HONDE,ALARM STELSELS,KAMERAS ENS.N PLAASHUIS SONDER N BEHOORLIKE HEINING MET N ELEKTRIESE HEINING DAAROP IS N ABSOLUTE MOET.IN WATTER EEU LEEF PARTY BOERE?WEET HULLE NIE WAT GAAN AAN IN RSA NIE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.