Vier sterf in Secunda-botsing

Die BMW se wrak. Foto: Verskaf

Vier mense is Sondag op Moedersdag in ʼn trompop botsing buite Secunda in Mpumalanga dood.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het in die vroeë oggendure op die N17-snelweg plaasgevind.

Joseph Mabuza, woordvoerder van Mpumalanga se departement vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, het gesê ʼn silwer BMW en silwer Volkswagen Polo het mekaar naby Trichardt reg van voor getref.

“Een van die motor se wrakke is in die middel van die pad aangetref. Die motor was heeltemal in twee geskeur en puin van die ongeluk het oor die hele toneel gelê. Die tweede voertuig se wrak is aan die kant van die pad aangetref,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring is die liggaam van ʼn man naby die voertuig se wrak, wat in twee geskeur is, gevind. Die liggaam van ʼn man, vrou en ʼn jong meisie was in die ander voertuig aangetref en vasgekeer.

“Ongelukkig kon daar niks vir al vier mense gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

Meer inligting oor die omstandighede rakende die ongeluk is nie bekend nie. Die Trichard-polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elize C ·

Met groot impak, oënskynlik baie maklik, hoe onwaarskynlik dit ookal klink. ‘n Paar jaar gelede op ‘n snelweg het ‘n Opel Mondeo se band gebars en onbeheerbaar van voor reg voor my suster-hulle se Isuzu bakkie ingeswaai. Die bakkie is letterlik dwars-deur die Mondeo, die kar is in 3 (drie) stukke geruk. Die enjin gedeelte, en dan wat oor was van die voorste sitplekke in een gedeelte en dan die agterste sitplekke en bagasie-ruim. Nodeloos om te sê het ongelukkig niemand in die voertuig oorleef nie.

LK ·

Ek het al gesien hoe ‘n Isuzu bakkie ‘n Toyota Cruiser in twee ry, sonder dat iemand ernstig beseer of dood is. So, dit gebeur baie maklik. Dit hang seker alles net af van waar dit hou tref.

Bubbels ·

Ek het vir ‘n ruk gereëld die N17 Secunda toe gery en die manier wat die mense ry op daai pad is baie erg… Die verbaas my nie eers nie.

Niekie ·

Dit gebeur die bakkie waarin my vriendin se man gwry het wat deur n vragmotor getref is het ook in twee geskeur..dis die impak wat dit veroorsaak…my vriendin se man is ook oorlede……sterkte aan al die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.