Vier sterf in taxigeweld

Argieffoto

Argieffoto

Vier mense is Maandag dood na ‘n skietery in Orange Farm, suid van Johannesburg.

Edna Mamonyane, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê dit is nog nie duidelik of die oorledenes taxibestuurders of passasiers was nie.

Mamonyane sê vier verdagtes is intussen in verband met die voorval in hegtenis geneem. Sy sê die polisie het op twee vuurwapens beslag gelê en twee taxi’s geskut.

“Die verdagtes is na die Orange Farm-polisiestasie geneem waar ‘n saak van moord en die besit van ‘n vuurwapen geopen is. Die polisie sal vasstel of die vuurwapens wettig is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.