Vier sterf in trompop botsing

r71-tzaneen-ongelukVier mense is Maandag dood en vyf beseer toe twee voertuie reg van voor gebots het naby Tzaneen in Limpopo.

Volgens ER24 het die botsing omstreeks kort ná 17:00 op die R71 naby die Veekraal-afrit plaasgevind. “Vier mense is op die toneel dood verklaar.”

ʼn Man, in sy 20’s, het ernstige kopbeserings opgedoen en is op die toneel behandel voor hy na die Mangkweng-hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg. Paramedici van ER24 het ook ʼn vrou, in haar 30’s, vir ʼn pelvisfraktuur behandel. Sy is ook na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir opvolgbehandeling.

Die drie ander pasiënte is deur ander nooddienste behandel voor hulle ook na omliggende hospitale geneem is vir mediese sorg.

r71-tzaneen-ongeluk1

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Skrikwekkend ·

Dit is net skrikwekkend hoe hierdie soort (trompop) ongelukke aan die orde van die dag is.
Na hierdie ongeluk (volgens Arrive Alive) was daar nog twee sulkes waarvan ons weet.
Dis tog so heel eenvoudig om nie verby te gaan indien jy nie ordentlik kan sien en seker is van jou voertuig se vermoë (krag) om dit veilig te doen.
Sterkte aan die betrokkenes in nog sulke onnodige ongelukke. Daar is egter geen ongeluk wat werklik nodig is.

Selfde vragmotor dalk ·

n Paar weke gelede het n vragmotor wat soos in die foto lyk, my baie aggresief van die pad af probeer ry omdat ek nie vinniger (wat reeds bo die spoedperk) wou ry nie. Ek moes letterlik van die pad in die veld in ry omdat die vragmotorbestuurder in sy padwoede wou doodry. Dit was n aaklige ervaring. Ek wonder of dit dieselfde vragmotor was. Dit het op die R71 net buite Tzaneen op die Nkowa kowa afrit gebeur. Die vragmotor het vannaf Gravelotte na Tzaneen op die R71 gery en toe afgedraai na Nkowa kowa.

Christa ·

Ons metropolisie hier in Ekurhuleni is nie eers in ons veiligheid geinteresseerd nie!!! Wanneer jy ookal ‘n probleem by hulle aanmeld is hulle ekskuus altyd “It’s not my area”! Hulle moet net onthou HULLE familie is OOK op die pad!!!

Captain's log ·

As julle my vra… is daar te veel trompoppie ongelukke…?
Maar nou vra julle my nie.

Annie ·

As jy gaan kyk hoe mense op die R71 ry, sal jy verstaan hoekom dit gebeur. n Taxi het my en n trok wat voor my gery het, vanoggend op n dubbelle sper streep op n skerp draai verby gesteek! Jy kon niks om daardie draai sien nie! Net om so 500 m van daar weer stil te hou vir iemand!!! Ook op die R71!

HN ·

Die R71 is vir my persoonlik die gevaarlikste pad wat ek nog ooit in my lewe gery het. Veral die stuk tussen Phalaborwa & Namakgale. My man was so paar jaar terug ook in ‘n ongeluk daar agv ‘n “persoon” wat aan die verkeerde kant van die pad gery het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.