Vier sterf in trompop botsing

Foto: ER24

Vier mense is dood en nog iemand kritiek beseer nadat ʼn motor en ʼn sportnutsvoertuig Maandagmiddag reg van voor op die N3 in KwaZulu-Natal gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het net ná 13:30 op die toneel op die N3-Noord naby Nottinghamweg in die Midlands-gebied aangekom.

Die wrakke van die voertuie het ʼn ent weg van mekaar af gestaan met wrakstukke wat verspreid oor die pad gelê het.

“Paramedici het twee mans gevind wat in die wrak van die motor vasgekeer was, terwyl twee vroue bewegingloos in die sportnutsvoertuig gelê het. ʼn Derde vrou het ʼn ent weg buite dié voertuig gelê,” het Meiring gesê. Hy het gesê al vier insittendes in die twee voertuigwrakke het reeds aan hul beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.

Die vrou wat buite die voertuig aangetref is, het veelvuldige besering opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Volgens Meiring is sy op die toneel gestabiliseer voordat sy na ʼn hospitaal gehaas is.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê brandweerbeamptes en reddingspersoneel moes meganiese toerusting gebruik om die oorledenes se liggame uit die voertuigwrakke te verwyder.

Die ongelukstoneel het erge verkeersvertragings in die gebied veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Koos ·

Ek weet nie wat gebeur het nie, dalk ‘n band wat gebars het, maar asb mense, ry versigtig op die paaie, veral as dit bewolk is of reën. Handhaaf die spoedgrens.

Idris ·

Ek weet nie wat daar gebeur het nie, maar wat ek wel op KwaZulu-Natal se paai sien is dat elke ou dink die pad aan hom behoort en geen respek vir hom or ander se lewe het nie. Die meeste mense ry ongelooflik roekeloos, en as die paaie nat is dan kom die stuntman in elke tweede ou uit.

Chris Ws ·

Hoe gebeur ‘n kop teen kop botsing op ‘n dubbel hoofweg waar voertuie almal in dieselfde rigting beweeg met geen aankomende verkeer naby nie?Hier het beslis iets baie ongewoon plaas gevind.Ek het my idee maar hou dit net vir myself.Innige simpatie aan die naasbestaandes.

dom ·

Enige iets is moontlik soos jy kan sien . N band kan bars. Die persoon is miskien noe so ervare soos die volgende ou nie . Hy sy skrik verloor beheer. Beland in die aankomende verkeer se baan.

Sandra ·

Dit is moontlik dat een van die voertuie beheer verloor en begin gly het en ten tyde van die botsing omgeswaai het… Daar is ‘n middelman en die een voertuig kon moontlik van die Suid na die Noordbaan beweeg het… Daar is baie moontlikhede maar dit is moontlik dat 2 voertuie wat in dieselfde rigting beweeg kop aan kop kan bots…

Susan ·

Op nat paaie moet mens stadig ry. Toets nuwe bande deur deur water te ry voor jy in die reën in die verkeer gaan ry. Ek het eenkeer, met splinternuwe bande – reg voor ‘n taxi ingegly wat aan my linkerkantste kant aangekom het. Dit ws ‘n baie bekende naam band, en nie goedkoop nie. Gelukkig kon die taxi bestuurder die ongeluk vermy, want ék het absoluut géén beheer oor my voertuig gehad nie. Ek het daar en dan my kar geruggeneem na die bande plek, and aangedring dat dié bande met ‘n ander soort vervang moes word. (wat toe darm nie weer gegly het nie) Nou die dag gesien hoe iemand in die reën voor ‘n ander voertuig ingegly het. Glad nie vining gery nie. Soos ‘n koekie seep dwars oor die pad. Binne in ‘n ander kar vas. Nou kan jy dink as daar nog spoed ook ter sake is, hoé ernstig ‘n ongluk kan wees. So baie mense sterf op ons paaie!

m ·

Spoed en ongeduld is die grootste probleem op ons paaie. Jy lees nou elje dag van hierdie lelike ongelukke. Ry ma eerder die spoed wat jy moet ry en respekteer ander op die paaie.

Dalk ·

Dalk onbewus teen die aankomende verkeer gery? Die ‘hou links’-pyl is deesdae ‘n luuksheid op baie van ons paaie/strate.

dries ·

Die mense wat so jaag soos die duiwel is nie hulle skuld dit is n gene wat in hulle gebore is. Die eerste toets wat hulle moet ondergaan is die kop en dan die oog , die feit is as jy stadig ry en die pad tekens gehoorsaam het jy nog altyd n kans. Jammer vir die famielie wat agterbly.

Anoniem ·

Afgryslik, so jammer oor die lewens verliese.
Sonder enige verwysing na hierdie ongeluk: Dit is verskriklik hoe roekeloos die spoed grense op KZN paaie oortree word, hoop ek goed nooit weer daar te bestuur nie.
Hou by spoed perke! daar sal helfte minder ongelukke wees.

Theresa B ·

Wow – Hulle moes mekaar met ‘n helse spoed getref het. Ai toggie.

thelsa ·

Ons moet dalk die voertuigvervaardigers versoek om die inskrywing wat in die handleiding voorkom wat lees : “Hierdie voertuig word nie toegelaat om enigsins agter ‘n ander voertuig te ry nie” te verwyder :-(

Linda ·

Groot respek vir die nooddienspersoneel wat op hierdie tonele afkom en dit moet hanteer. Ek weet nie hoe hou hulle dit nie.

Linda ·

Groot respek vir die nooddienspersoneel wat op hierdie tonele afkom en dit moet hanteer. Ek weet nie hoe hou hulle dit nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.