Vier sterf in trompop botsing

(Foto: Verskaf)

Vier mense is dood en een kritiek beseer nadat ’n motor en ’n bakkie Sondag reg van voor naby Madombidzha buite Louis Trichardt in Limpopo gebots het.

Mike Maringa, provinsiale woordvoerder van die departement van vervoer, sê die bestuurders van albei voertuie is op die toneel dood verklaar.

Drie passasiers is ná die botsing na ’n hospitaal gehaas vir mediese behandeling waar twee met hul aankoms aan hul beserings beswyk het.

Maringa sê spoed was moontlik die oorsaak van dié ongeluk.

Die dodetal van Saterdag se taxi-ongeluk op die R521 in die Capricorn-distrik het intussen tot agt gestyg.

Maroela Media het vroeër berig die bestuurder van ’n Toyota Quantum-minibustaxi het Saterdag beheer oor die taxi verloor en die voertuig het omgeslaan.

Limpopo se paaie het dus 18 lewens die afgelope 48 uur geëis. Spoed is die algemeenste oorsaak in die meerderheid van die ongelukke.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, doen ’n beroep op motoriste om die spoedbeperkings te gehoorsaam en op die uitkyk te wees vir voetgangers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SomeOne ·

hoe kry mense dit reg om buite die padlyne mekaar so stukkend gery ???….kan maar net my kop skud

Frank ·

Neem aan die Audi het gespoed. Die bakkie het moeilikheid sien kom en links beweeg. Toe die Audi sien hy gaan dit nie maak nie, beweeg hy heeltemal regs ipv links terug na sy eie baan. My opinie ook ongelukke wat buite die ryvlakke plaasvind

SomeOne ·

moenie as jy verkeerd is, vir die ou wat van vooraf aankom ligte gooi nie

marius ·

Daar word niks aan hierdie moordenaars agter stuurwiele gedoen nie . Foeter maar voort tot daar niemand oor is nie

rumkat ·

Wel hulle is albei oorlede. Wat stel jy voor moet mens met hulle doen?

Alet ·

Dis omdat almal altyd agter bosse wil sit en kyk wie ry vinnig dat mense met vervalste lisensies of gekoopte lisensies op ons paaie is en voertuie wat met draad aanmekaar is en uitmekaar val algemeen signaarbaar is. Beide die twee aspekte dra by tot die gevaar op ons paaie. Iemand wat op 40 km per uur voor bewegende verkeer indraai is net so groot gevaar. So wat ek sê is dit is maklik om te veralgemeen en almal hammer altyd op spoed. Dit alleen is nie die oorsaak van die slagting op ons paaie nie.

Frank ·

Limpopo se bestuurders is sekerlik die mees wetteloos in die land. En dan maak hulle asof dit jou skuld is wanneer hulle droogmaak

Johann ·

Weer spoed?? lagwekkend die aannames en dit van die hoof van vervoer. 100% van ongelukke word deur ‘n “bewegende oortreding” veroorsaak. Ry oor sper streep, gebruik nie flikker nie, ry in die verkeerde baan stroom op soos die geval hier blyk.
Het net Vrydag teen 969km/h beweeg en hier sit ek… niks oorgekom van spoed nie.

AH ·

Ek het die pas afgelope twee naweke tussen Kaapstad en Bloemfontein op die N1 gereis met my motor. Twee dinge het my opgeval; die vragmotor bestuurders was oor die algemeen meer roekeloos as die bestuurders van motors. Daar was geen verkeerspolisie te sien nie! Waar is die sogenaamde sigbare polisiëring? My hare staan nou nog regop van die hoeveelheid kere wat ek moes uitswaai in die geel streep in om plek te maak vir vragmotors wat by aankomende verkeer verbysteek sonder genoeg spoed en spasie. Dit was senutergend om die minste te sê! Geen wonder dat daar soveel sterftes op ons paaie is nie. Spoed is ook nie die oorsaak nie, maar ongeduld en minagting van padreëls.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.