Vier sterf in trompop botsing

Argieffoto

Argieffoto

Vier mense, waaronder ʼn polisiebeampte, is dood nadat twee bakkies mekaar Donderdagaand reg van voor in Georgedale, KwaZulu-Natal getref het.

Zinhle Mngomezulu, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse Padverkeersinspektoraat, het gesê die ongeluk het net voor middernag naby die Georgedale-treinstasie plaasgevind. “ʼn Polisiebeampte van die Camperdown-polisiestasie, wat nie aan diens was nie, was een van die drie mans en ʼn vrou wat dood is,” het Mngomezulu gesê. “Een persoon het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir verder behandeling.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die ongeluk.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.