Vier sterf in trompop grubotsing naby Klerksdorp

Die voertuie se wrakke. Foto: ER24

Die voertuie se wrakke. Foto: Verskaf

Vier mense, twee mans en twee vroue, is Donderdag in ʼn trompop botsing tussen twee sportnutsvoertuie in Noordwes dood.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die botsing op die N12 tussen Klerksdorp en Wolmaransstad plaasgevind.

“Dit is nog nie duidelik hoe die ongeluk plaasgevind het nie. Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek,” het hy gesê.

Met paramedici se aankoms op die toneel is albei voertuie se verfrommelde wrakke in die middel van die pad aangetref. “Albei voertuie het grootskaalse skade tydens die botsing opgedoen. Die oorledenes was in die kajuite van die voertuie vasgekeer en moes deur nooddienswerkers uitgesny word.”

Die liggame van ʼn man en ʼn vrou is in elk van die wrakke gevind. “Niks kon vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar.” Nog ʼn vrou is in ʼn ernstige toestand in een van die voertuie aangetref. Nooddienswerkers het haar versigtig uit die wrak verwyder, waarna paramedici haar behandel het voor sy na ʼn hospitaal in Wolmaransstad geneem is.

[KKLERKSDORP] - Four killed, one injured in head-on collision (2)

Die voertuie se wrakke. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

JoeV ·

Niks met spoed.te doen nie, het net vanoggend 900km/h gereis en hier is ek! Gaan vanaand weer. Die loots moet net die reëls volg dan is dit dood veilig.

Tim ·

Spoed is nie die probleem nie. Taxis ry nie juis vinnig nie en tog is hulle verantwoordelik vir baie ongelukke. Dit gaan oor pad reëls volg en wakker wees.

N.de la REY ·

My hart gaan uit na die families en kinders van die slagoffers.Mense besef nie “SPOED” is baie gevaarlik nie.Here vou die oorlewendes in U hande toe.

louis ·

Verbysteek teen n sperstreep en ongeduldigheid teen hoë spoed.

Retha ·

Louis, ek glo jy is 100% reg…… ongelukkig. Ja, sterkte aan die naasbestaandes. Kom ons wees meer geduldig en verdraagsaam-al kom jy dan bietjie later by jou bestemming aan.

Jy is reg ·

Louis jy is reg as jy na die foto kyk is die botsing op die vollyn. Roekelose bestuur. Daagliks gebeur dit en meestal …….. sal nie se nie want netnou word ek beboet. Haha!!

Rupert Ashford ·

Was genadiglik nog nooit in so iets betrokke nie. Lyk voertuie so van 100km/h botsings of was dit baie vinniger? Sterkte aan die naasbestaandes.

Anoniem ·

Kyk weer na die foto’s van wyle minister Collins Chabane se ongeluksvoertuig. Hierdie skade is gering teen syne. Dit lyk na ‘n 200+km/h ongeluk waarin hy dood is.

Philip ·

Hierdie mense wat so vinnig oordeel vel, terwyl nie een van hulle daar was nie! Word wakker man, een van die bestuurders kon ‘n hard aanval gehad het vir al wat ons weet. Mens lewer nie net altyd negatiewe opmerkings nie, maak liewer ‘n deerdenkde intilgente opemerking. Mag die oorledenes in vrede rus…

Hannelie ·

Dankie Philip. Mense is so verskriklik “slim” met hul kommentare. Ek dink die helfte is in verkeerde beroepe. Hel mense soek sensasie en afbrekende kommentaar elders! Sterkte aan die 2 families. Mag jul vertroosting vind in ons Vader se arms.

KarooKlong ·

Weereens een van die berigte wat nie lekker lees nie. Medelye met die wat agterbly.

Hendrik ·

Dit is baie sleg wat gebeur. Ek dink maar net hoe hierdie selfbestuur voertuie ons kan help in die toekoms. Dit lyk maar net of die mens se bestuursoordeel al hoe slegter en slegter word.

Laurika ·

Nie te sê enigeen van die twee was nalatig nie. My man was gister in ‘n ongeluk toe sy motor se regter agterste band (goeie handelsnaam wat hy 4 weke gelede splinter nuut aangekoop het) gebars het vir geen rede op ‘n baie netjiese pad sonder slaggate tussen Heilbron en Frankfort. Die band het mooitjies op sy kant (sidewall) gebars en hy is van die pad af. Ek dank die Here dat my man nog lewe want sy kar is ‘n gemors.

Hasie ·

Dit is nie altyd so maklik om ‘n gebeurtenis in ‘n beperkte spasie (in korte) en tyd te beskryf nie.

JoeV ·

Sterkte aan die families, sulke nuus darem so onodig en tragies.

Sam ·

Ai Mnr BMW X1. Toe jy so op my agter ent gesit het, verby gejaag het en ek vir jou ligte geflikker het omdat dit daar oor ‘n vet wit streep was en ek tog die max spoed gery het moes jy mos besef jy speel met vuur. Nou is daar ander mense ook dood omdat jy ongeduldig was!!

Jan ·

As jy ‘n ooggetuie was of inligting het wat die ondersoek kan help moet jy jou besonderhede aan die ondersoekbeamptes gee.

Sam ·

Het so gemaak Jan. Het in die toneel ‘in’ gery plus minus 20 min nadat hy my verby gesteek het.

Simpatie met die familie

m ·

Soveel hartseer alweer. Sterkte aan die families. Dis so hartseer om te dink dat 2 families se mense in n oogwink uitgewis is. Kinders wat dalk nou sonder hulle ouers moet klaarkom…..

Lezelle ·

Ons het vandag verby die ongeluk gery ek het dadelik vir my man gese hierdie was n groot ongeluk ek hoop nie daar was kinders betrokke nie later gehoor van die vier mense . Dis so so sleg vanaand is daar 2 families dalk kinders wat sonder hulle ouers is . Ek ook die 17de september 2015 my beste vriendin aan die dood afgestaan ook in n motor ongeluk en sy was maar 33 jaar oud en het 4 kindertjies . Dis so so sleg . Dink aan die families en vriende

Frans C ·

As ek sou na die twee wrakke kyk lyk een na ‘n hoë werkverrigtingvoertuig nl. die BMW X1
Is die ander voertuig ‘n Land cruiser Prado van Toyota? Beide voertuie word met talle veiligheidstoerusting toegerus.

Soms wonder ek of al die toerusting ‘n valse gevoeg van gerustheid en veiligheid by bestuurders skep nie. Lyk na ‘n botsing wat teen hoë spoed plaasgevind het. Wat ook al die geval medelye met naasbestaandes hiermee.

MM ·

Lees Sam se kommentaar die BMW het verby hom gevlieg op n spersteep. As jy teen n belaglike spoed jaag beteken al daai safety futures absoluut NIKS!!!

Ekwilibrium ·

Dis ‘n Ford Everest en BMW X1. Met so ‘n massiewe impak verfrommel die kajuit voor; mense wat daar gesit het, het nie ‘n kans gehad nie.

Karma ·

@Frans C – so waar: “Ek ry ‘n BMW/Merc/luukse SUV ….. voertsek jy hier voor my met jou ou common karretjie …. Ek het meer reg op die pad as jy”. Jy kry hulle elke dag op elke liewe pad in SA. Gebrek aan respek en dissipline. Onvermoë om distansie te skat en vat ‘n vet kans … met tragiese resultate soos dié.

Frans C ·

Ekwilibrium
Is ‘n Ford Everest se spaarwiel nie agter onder die voertuig nie?

Hennie ·

Het al gesien hoe ‘n groot sleepwa van ‘n vragmotor loskom en binne in die man en sy gesin wat agter die vragmotor gery het gebots het. Almal op slag dood. Het al gesien hoe iemand om ‘n draai in die nag teen ‘n voertuig wat onklaar geraak het in die pad vasry. Ongelukke gebeur, kan dit nie altyd met “dissipline en padreels” verhoed nie.
As die karre op die fotos by die berigte so bekend lyk, en die informasie is so skraps, vrees ek altyd dat dit familie of vriende kan wees…

Karma ·

@Hennie – ja, ongelukke gebeur a.g.v. baie dinge, nie noodwendig net gebrek aan dissipline en onvermoë om distansie te skat en die oorskat van jou voertuig se krag nie. Diere loop voor voertuie in, vragmotors en voertuie staan donkernag sonder waarskuwingstekens in die pad, mense bestuur onder die invloed en teen te hoë spoed …. om nie eens te praat van daardie dekselse bome of relings wat voor voertuie inspring nie! Hierdie ongeluk, duidelik, was menslike onvermoë om te oordeel: dié ou het ‘n ander voertuig teen ‘n helse spoed verbygegaan en toe met die ander voertuig gebots. Kyk maar wat het Sam gesê.

Johann ·

JoeV, ek moet jou meedeel dat n “loods” nie loots nie n ding is waar jy n vliegtuig in bêre.

Verder is jy reg,spoed is nie n faktor nie. Ongesisilimeerde bestuurswyse is fie oorsaak…hoe dit ook al sy, dis altyd jammer om van so-iets te lees…sterkte aan alle betrokkenes.

Krities Soos Jy ·

Johann, “ongesisilimeerde ….is fie oorsaak”. Wat de duiwel beteken dit??????
JoeV, 10/10 vir jou. As almal maar net daardie één verskuilde talent wat ons almal veronderstel is om te hê wil gebruik – ‘common sense’ !!!!

Sonja ·

Op daai pad ry almal by jou verby asof dit ‘n dubbel pad is en dis nie so nie.

ferdi ·

As al 2 voertuie bv net 80kmpu gery het in hul verskeie rigtings was die impakspoed 160 kmpu.

Erf Wetter ·

Eintlik nie. Die impak van twee voertuie met dieselfde massa wat in teenoorgestelde rigtings teen 80km/h beweeg en mekaar tref is ekwivalent aan die impak wanneer ‘n stilstaande, soliede voorwerp teen 80km/h getref word. Een van die minder intuïtiewe wette van fisika.
Nietemin, dit is vreeslik hartseer, onnodig en ontydig wat gebeur het. Diepe meegevoel aan die naasbestaandes.

Tim ·

Ferdi, dis al verkeerd bewys deur Mythbusters. Die spoed van karre wat bots word nie bymekaar getel nie. As twee karre teen 80km/h is die impak nie 160km/h nie maar slegs 80km/h. Net so goed jy ry teen ‘n muur vas.

Jan maak n plan ·

Nee wat op hierdie pad is spoed n bysaak. Voertuie gsteek verby net waar en wanneer julle wil. Nou die dag is n jong man begrawe wat moes uitswaai vir n motoris wat op n sperstreep verby gesteek het. In die proses is die arme man van die pad af en sy bakkie gerol. En die ander motoris wat alles veroorsaak het is weg.

Bekommerd ·

Dis so ‘n jammerte dat mense vandag nie meer respek vir mekaar het nie en dus gebeur daar soveel onnodige ongelukke op ons paaie. Die mensdom het soooo selfsugtig geword en daar is geen meer tyd vir mekaar nie.

Deon ·

En partykeer….net partykeer…..is n ongeluk presies wat dit is….n ONGELUK……
Sterkte aan almal betrokke…..

Wynand ·

Een van die groot oorsake van ongelukke is as gevolg van die gebruik om in die geel lyn area in te beweeg om die “Jaagduiwels” toe te laat om verby te jaag. Baie motoriste is onder die wanindruk dat dit ‘n MOET is dat die voertuig wat voor ry in die geel lyn area in moet beweeg sodat die ander pwrsoon kan verby jaag. Geel lyne beteken dat daardie area slegs vir Nood Toestande daar is. Met ander woorde om plek te kan maak vir Ambulanse wat in aantog is. Voertuie wat stadiger as die voorgeskrewe spoed ry as gevolg van meganiese probleme kan gebruik maak van die area. Geen motoris is verplig om in die geel lyn area in te beweeg wat reeds die maksimum spoed soos voorgeskryf handhaaf nie. Dit is in elk geval onwettig om in die geel lyn area te ry. Dit is ‘n gebruik wat geheel en al handuit geruk het as gevolg van klomp pad varke op SA se paaie. As verkeers be ampte sien ek baie ongelukke gebeur en meeste Grusaam as gevolg van die geel lyn ryery. Ek wil ‘n beroep doen dat ons die gebruik daarvan moet staak en dit slegs moet handhaaf wanneer Nood voertuie in aantog is. Ons het in wettelose motor bestuurders ontaard. Kyk bietjie hoe min mense stop dood by stop tekens en ignoreer ook sper strepe. Ons Verkeersmanne en Polisie noem sulke mense ” Potensieële Moordenaars”. Hierdie ongelukke soos die een vandag so onnodig.

Rupert Ashford ·

Jy praat nou groot waarheid. Mens sien dit so baie 4 voertuie langs mekaar op enkelbaan pad. Ongeluk wat wag om te gebeur.

connie ·

Wynand jy is heeltemal reg wat geel lyn aanbetref. MAAR..Taxis dink dit is hulle persoonlike rybaan en jaag by mens verby .. aan linker sowel as aan regter kante teen die verkeer hier in Rustenburg dan swaai hulle daar voor in die ry voor mens in en jy moet net briek trap… en ons verkeersmense doen niks daar omtrent…

Eddie ·

Hi Wynand, ek is ook die “VRIENDELIKE” ou wat geelstreep toe gaan sodat ander kan verby gaan en nooit gedink dit kan gevaarlik wees nie. Jou kommentaar het my nou laat twee keer dink oor die saak. Dankie vir jou insetsel.

KarooKlong ·

Na my mening geoordeel aan die foto’s is dat die bruinkleurige voertuig in die aankomende wit voertuig se baan inbeweeg het. Sien ek dit reg?

Ekwilibrium ·

Dis hoe dit vir my ook lyk, veral te oordeel aan die debris op die pad.

danie ·

meskien moet daar gekyk word na ekstra bestuurs lesse (advance driving) voor jy gemagtig is om n hoeverigtingvoertuig te bestuur.

Rupert Ashford ·

Danie, miskien moet gekyk word na verkeersreels. As jou sg “hoeverrigtingsvoertuig” (kode waarvoor?) 250km/h kan ry, beteken dit nie jy MAG daardie spoed ry op ‘n openbare pad tussen ander padgebruikers nie. Daar is nog steeds reels en almal moet dit gehoorsaam. Miskien moet ons Victoria in Australie se reels oor spoed toepas: As jy gevang word verloor jy punte of jou lisensie of jy kry tronkstraf (afhangende van hoe ver jy oor die spoedgrens is – hulle begin vang van 3 km/h oor die grens af). As jy herhaaldelik gevang word, skut hulle jou motor vir 30 dae en as jy weer gevang word na jy dit teruggekry het, maak hulle ‘n klein vierkantige blokkie skrootmetaal vir jou daarvan en skort jou lisensie vir baie lank op. Wonder of ‘n hoeverrrigtingsvoertuig anders lyk as hy so “geblok” is as ander karre? :-)

Suzie ·

More Danie. Miskien moes hy net nie oor vet wit sperstrepe verby gegaan het nie. Gevorderde bestuurslesse gaan nie daarvoor help nie.

Gerrie ·

Nee dit was glad nie spoed gewees nie,ek ken die mense hulle is van Wolmaranstad

Mariaan Theron ·

My hart is stukkend. Dit was ons bure in die bruin bakkie.Ons almal in die buurt is geskok. Ek is ook baie jammer vir die aqnder families. My innige simpatie met al die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.