Vier sterf in Ventersdorp-botsing

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

Vier mans is dood en nog een beseer in ʼn botsing reg van voor op die R30 naby Ventersdorp in Noordwes.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het gesê die motors is erg beskadig in die botsing en dat wrakstukke oor die pad verspreid gelê het. Volgens Botha het een van die motors in die veld langs die pad te staan gekom ná die botsing.

Vier mans is op die toneel dood verklaar. Die beseerde man is op die toneel behandel voordat hy na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nico ·

Eintlik net een belangrike padreel: moenie op dieselfde plek op dieselfde tyd wees nie

alex ·

Hierdie pad is eintlik so sleg naamlik slaggate. Kon net sowel ‘n grondpad gewees het. Dan sou die pad minder gevaarlik gewees het.

Hannelie ·

Jammer, maar ek moet kommentaar lewer oor die verkeerde taalgebruik in die berig! ‘n Motor kan nie in die veld “te staan” kom nie! Die motor het in die veld langs die pad tot stilstand gekom! Ai!

CHRISTA ·

Hannelie, wil jy nie asb vir ons kinders gaan skool hou nie? Daar is juis so ‘n drastiese tekort aan onderwysers!! Jy sal ons land so ‘n groot guns doen, die ANC sal jou dalk na 12 jaar ‘n medalje gee!!!

Delia ·

Christa, jou sarkasme is erg onvanpas. Die probleem is dat mense vandag “sloppy” taal besig. Wees bly as iemand jou wil reg help….dit verbeter jou eke taalgebruik!

danie ·

Ek verstaan ook nie hoekom daar alewig iemand moet wees wat spell check en sinsnede koregeer nie. Ons verstaan die nuus berig en kan somtyds tussen die lyne verstaan wat gese word. Ek glo nie die verslaggewers word betaal vir hulle spelling en sin bou nie. ( lekker spell check)

chris ·

Ja Danie, let op dit is gewoonlik die wat eintlik niks se nie of uit argumente hardloop wat die spelreels so graag toepas,Diesulkes sal ook geken word aan die .Jy is ‘n rassis.

Peet Schabort ·

Danie, jy moet kan korrek spel. Wat kry jy as jy hoërskool verkeerd spel?
In die berig staan daar ook “voordat hy na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer het . . . . “. Seker “vervoer is”?
Ek sal beslis nie van iemand gebruik maak wat nie kan spel om vir my ‘n wettige kontrak op te stel. Netnou sê die ding anders as wat bedoel word en wat dan?

Petronella ·

Maak nie saak wie hoe spel nie. Solank ek die nuus kan volg.

Riaan Slabbert ·

Die mense wat kla oor iemand wat “spell check” doen, is gewoonlik die wat nie KAN spel nie, en (heel tereg) skaam kry daaroor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.