
Foto: Netcare911
Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het gesê die motors is erg beskadig in die botsing en dat wrakstukke oor die pad verspreid gelê het. Volgens Botha het een van die motors in die veld langs die pad te staan gekom ná die botsing.
Vier mans is op die toneel dood verklaar. Die beseerde man is op die toneel behandel voordat hy na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Eintlik net een belangrike padreel: moenie op dieselfde plek op dieselfde tyd wees nie
Spoed kan dodelik word…
Hierdie pad is eintlik so sleg naamlik slaggate. Kon net sowel ‘n grondpad gewees het. Dan sou die pad minder gevaarlik gewees het.
Jammer, maar ek moet kommentaar lewer oor die verkeerde taalgebruik in die berig! ‘n Motor kan nie in die veld “te staan” kom nie! Die motor het in die veld langs die pad tot stilstand gekom! Ai!
Ek verstaan ook nie hoekom daar alewig iemand moet wees wat spell check en sinsnede koregeer nie. Ons verstaan die nuus berig en kan somtyds tussen die lyne verstaan wat gese word. Ek glo nie die verslaggewers word betaal vir hulle spelling en sin bou nie. ( lekker spell check)