Vier sterf in Vrystaat-botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Vier mense is dood in ʼn botsing op die N3 naby Warden in die Vrystaat.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 18:10 Dinsdag plaasgevind. Botha het gesê swaar reën en die nat pad het glo tot gevolg gehad dat die bestuurder van ʼn motor beheer verloor en die motor begin tol het. “Die motor is toe deur ʼn vragmotor getref.”

Volgens Botha is twee mense uit die motor geslinger tydens die botsing, terwyl die ander twee insittendes in die wrak vasgekeer is. “Al vier het reeds aan hul beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.”

Botha het gesê die vragmotorbestuurder en passasiers is nie beseer nie. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Natpad ·

Ek veralgemeen met dit wat ek hier sê aangaande bestuur op nat paaie: Padoppervlakte, plasse staande water, olie, slaggate, bandslytasie en sig speel almal ‘n rol. Voorgaande kan slegs beheer word om ongelukke te vermy deur SPOED TE VERMINDER EN AAN TE PAS BY WEERSOMSTANDIGHEDE. Ek het in my 56 jare van ongeluksvrye bestuur al verskeie kere van die pad af stilgehou in swak weersomstandighede of sig soos veldbrande en mis. In engels word gesê: “Rather be late than ‘the late . . . ‘” Hamba gahle.

Conrad ·

Stem heelhartig saam. Ek is 63 en ook ongelukvry. Bly by padreels binne die wet en verminder spoed. Ek gebruik die N2 baie (tussen Durbanville en Somerset wes- die ongelukke is verskriklik. n Natpad is nie vir spoed nie. Ons mense is so ongeduldig.
My hart gaan uit na al die onskuldiges wat in ongelukke was en die wat lewens verloor het- met hulgeliefdes. ma steeds, ons leer nie. Hiedie vakansie was n slagting op ons paaie.
Wrakke behoort op Tv kanale vertoon te word sodat mense kan besin.

SNEL ·

Om spoed te verminder gaan niks help, want 90% van die mense hou buitendien nie daarby nie (as dit nie nog meer is nie). As n pad 60 of 40 is vir padwerke jaag hulle hul 120 daar deur (geen wonder niemand kla daaroor nie, want niemand hou daarby nie). Op n 120 pad wys hulle ligte dat jy uit die pad beweeg om verby te kom (in die geel verbode streep moet jy dan ry, wat dink hulle van jou, dat hulle van jou verwag om reëls te oortreë vir hulle, dis nou die eie ek op n troontjie in die eerste graad), vir stopstrate en waar jy mag stop of nie…..en en en die lys is lank , is daar absoluut geen respek voor nie. Punt is, die land se mense het met tyd in n swak gewoonte verval en die feit dat hulle nie streng opgeskroef word daarvoor nie, dra by. Om dinge op die paaie te verander moet elke ou wat ry eers 100% by die padreëls en spoed hou, dit sal baie ongelukke keer maar om dit reg te kry is ” mission impossible”. Slaggate en swak paaie speel ook n groot role in ongelukke, maar as daar net by die padreëls gehou word sal daar minder hardseer gesinne wees, baie keer onskuldige mense wat sterf.

CHRISTA ·

Hierdie ongelukke en padsterftes klink vir ons so “verskriklik” omdat die HELE land se padsterftes daagliks op ons radio uitgesaai word. Gedurende die jaar hoor jy net oor die radio van padsterftes wat in daardie streek plaasvind. Die HELE land se padsterftesyfers moet die einde van ELKE maand bekend gemaak word. Ek dink ons hare sal orent staan as ons dit hoor! DAN sal ons besef dat die slagting ELKE dag op ons paaie voorkom en nie net gedurende die vakansies (veral Desembervakansies) nie!!!

Lana ·

Dis asof die mense al hulle redelikheid verloor as dit reen of dik mis oor die pad hang. Hulle jaag en gaan verby al kan hulle niks voor hulle sien nie. Geen geduld en dan is dit wat gebeur. Jy kan nie vinnig stop as jy jaag op n nat pad nie. Dis algemene kennis. Ongelukke tussen Belfast en Dullstroom en ook op die N4 is bewys daarvan. Dit gebeur gereeld dat daar n lang string karre is wat stedig ry, agv. digte mis. Dan kry daai een waaghals wat al daai karre verby vat al kan hy nie n ding voor hom sien nie. Die gevolge is tragies.

Se maar net.. ·

Hulle moet die kar wrakke op hoofpaaie adverteer,miskien gaan die mense wat so jaag se oe oop.

Anel ·

Ons het ook eenkeer op ‘n nat pad gegly, in die rondte getol en in die teenoorgestelde kant in ‘n sloot tot stilstand gekom. Gelukkig was dar geen aankomende verkeer nie. Ek was agter die stuur en het tussen 50-60km/uur gehou maar het nogtans beheer verloor. Alhoewel ek saamstem dat die meeste ongelukke met spoed en ongeduld gepaard gaan, is dit partykeer net ‘n ongeluk

snoefie ·

op reendae vul die slaggate met water en kan jy nie onderskei watter een van die vyf donkerkolle is die een wat nie n teerprop het nie. om een of ander duistere rede sal die kontrakteurs wat die gate in paaie herstel ses gate in n groep toestop en in elke groep een slaggat oop los. die feit dat mense uit die voertuie geslinger was, meen hulle het nie veiligheidsgordel aangehad nie. is veiligheidsgirdels nie verpligtend sedert 1980 nie?
iets wat vreeslike ontstellend is, is die fietsryers op nationale paaie. veral op bergpasse waar die paaie steil en vol draaie is. dan kom jy om n draai en daar is n bondel fietsryers oor die wydte van die motorbaan gesprei.

Petronel ·

As jy hoor is daar n ongeluk op N3 maar as jy kyk hoe mwnse jaag en kanse vat. Dis kan mens verstaan en hoeveel drink en bestuur. Ry gereeld daardie pad.

Varkie ·

Ai ek weet niemand gaan dit seker raak lees nie maar asb om hemelsnaam moenie jou flikkerende noodligte agter aan sit as dit reen nie… die mense agter jou is veronderstel om jou raak te sien en volg afstand te hou, hulle het nie jou flikkerende geel liggies nodig nie, weet ook dat as jy dit aan sit WERK JOU LINKS EN REGS GLOEILAMPE NIE MEER AFHANKLIK NIE en niemand kan sien of jy links of regs gaan nie, wat nogal chaoties is op n pad met 4-5 bane in die reen

Speedguard ·

Stem saam Varkie, die wet was eers dat jy die die “hazard”ligte slegs moet aan skakel wanneer die voertuig STAAN sonie veroorsaak dit verwarring, daar was honderde mense aangekla omdat hul die flikker ligte aangeskakel het terwyl hul deur die Daspoort tonnel gery het ,die wet is egter gewysig en kan jy dit nou aan skakel om sigbaarheid vir ander motoriste, dit bly egter ‘n vierkantige “ball bearing” motoriste gebruik dit nou om van een punt na ‘n ander te jaag in nood, deur verkeersligte en alles wat ‘n verkeersbeampte kan doen met sy sirenes te jaag sonder opsewasies, die mense besef nie dat hul ,hul lewens en ander op die spel plaas deur te dink jy is nou in ‘n staal hok wat jou beskerm as jy die flikkerende ligte aan skakel nie !

Aubrey Vermaak ·

Ja nee mense gee glad nie om om hulle spoed by omstandighede aan te pas nie. Ek reis baie op ons paaie. Kry baie van daai mense wat ligte flits as ek teen 120 ry en hulle wil verby kom. Gelukkig het ek 5 vingers en een kan lekker praat. Se maar net.

Eduard ·

Ek dink dit het tyd geword dat ongemerkte karre met verkeerskonstabels ons paaie patroleer. Almal sien die chaos maar daar word niks aan gedoen nie.

Johan ·

‘n Oop en reguit pad. Mense raak laks agter die stuurwiel. Te veel selfvertroue? Uitputting?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.