Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die minibus het bejaarde pasiënte na Bloemfontein vervoer toe dit teen die bakkie gebots het. Twee mans en twee vrouens is in die botsing dood.
Volgens Meiring het sewe mense ligte tot kritieke beserings opgedoen. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na die Mediclinic Bloemfontein vervoer is vir verdere mediese sorg.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.