Vier sterf in Vrystaat-botsing

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

Vier mense is Donderdagmiddag dood en sewe beseer in ʼn botsing tussen ʼn minibus en ʼn bakkie op die R30 naby Bultfontein in die Vrystaat.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die minibus het bejaarde pasiënte na Bloemfontein vervoer toe dit teen die bakkie gebots het. Twee mans en twee vrouens is in die botsing dood.

Volgens Meiring het sewe mense ligte tot kritieke beserings opgedoen. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na die Mediclinic Bloemfontein vervoer is vir verdere mediese sorg.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.