Vier sterf in Wes-Kaapse ongeluk

Foto verskaf deur Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof

Vier persone, insluitend die bestuurder, is Saterdagoggend dood in ʼn ongeluk ongeveer 66 km buite Beaufort-Wes in die Wes-Kaap.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, het gesê die ongeluk het omstreeks 01:00 op die N1, tussen Laingsburg en Leeu-Gamka, plaasgevind.

“Die bestuurder het beheer verloor oor sy motor, ʼn Toyota Avanza. Die bestuurder en sy drie passasiers is oorlede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wielspore ·

Ons het Vrydag aand op die N4 Wes gery rigting PTA en naby ALZU was daar ook ‘n Toyota Avanza wat die pad verlaat het en omgeslaan het.
Dit gaan alles oor ontwerp en lading, hierdie voertuie is gebou om tot 7 mense te vervoer, dan druk jy die lading tot op maksimum van die voertuig se spesifikasies, sit daarby so bietjie meer as die toelaatbare spoed dan kry jy die swinging lady wat gou buite beheer raak.

Delia ·

Mense moet leer om oor te slaap. 01h00 in die oggend is slaaptyd is slaaptyd.
Baie jammer vir al die families met hierdie hartseer nou.

Karolis ·

Jou redenasie klink ook reg maar hier was net vier persone in hierdie voertuig.
Delia het die meer logiese antwoord, die bestuurder het slaap geval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.