Vier sterf na bus in skare inploeg

Foto: ER24

Foto: ER24

Vier mense is Maandagmiddag dood nadat ‘n bus buite beheer geraak en in ‘n skare in Randburg ingeploeg het.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê die ongeluk het omstreeks 16:30 op die hoek van Republiekweg en Mariastraat plaasgevind.

Mulaudzi sê die bus het buite beheer geraak en in ‘n skare mense wat by ‘n busstop gewag het ingeploeg. Die bus het hierna teen ‘n minibustaxi gebots.

Hy sê vier mense is op die toneel dood verklaar en agt mense is beseer, waaronder drie kritiek. Drie van die oorledenes was teen 18:30 steeds onder die bus vasgekeer.

Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.