Vier sterf ná motor trok tref

Argieffoto

Argieffoto

Nooddienspersoneel moes Maandagaand ure lank spook om die liggame van vier mense uit ʼn wrak van ʼn motor naby Malmesbury in die Wes-Kaap te sny.

Robert Daniels, ʼn woordvoerder van provinsiale nooddienste, het gesê die ongeluk het omstreeks 20:00 op die N7 buite Malmesbury, noord van Kaapstad plaasgevind.

ʼn Motor en vragmotor het mekaar getref. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie sal ondersoek instel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.