Vier sterf ná trok in groep inploeg wat taxi stoot

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Vier mans is dood nadat ʼn vragmotor Maandagaand in Mpumalanga in ʼn onklaar minibustaxi ingeploeg het, terwyl passasiers besig was om dit teen ʼn steilte uit te stoot.

Volgens Joseph Mabuza, ʼn woordvoerder van die provinsie se departement van veiligheid, het die ongeluk op die N4 tussen die Lebombo-grenspos en Komatipoort plaasgevind.

“Die minibustaxi het glo onklaar geraak en van die passasiers was besig om dit te stoot toe ʼn vragmotor van agter af in hulle ingeploeg het,” het Mabuza gesê.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die vier mans was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hul liggame is weens die impak uitmekaargeskeur.

Drie mense is tydens die voorval beseer. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na die Tonga-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Ek ry daagliks daardie pad en beide taxi’s en trokke het GEEN respek vir hul mede pad verbruikers. Nie eers te praat in watter toestande van die taxi’s is, en dit nog van Mozambique se taxi’s. Maar laat jy net daar ry in Mozambique met n lig wat nie werk, dan is dit n groot probleem.

Nee wat geen simpatie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.